Om die waarheid te sê, dit is só nuut dat die maatskappy teen Landbouweekblad se druktyd nog nie eens ’n prys vir hom gehad het nie. Dit sal in die vierde kwartaal van 2021 bekend gemaak word.

Om eksklusiwiteit te verseker, word net ’n beperkte getal van hierdie bakkies gebou.

Ford se warmgemaakte weergawe van sy Ranger-reeks, die Raptor, is in 2019 in Suid-Afrika bekend gestel en was dadelik baie gewild danksy die ekstrasterk onderstel, pasgemaakte veringstelsel en bande, en terreinbestuurstelsel vir rowwe paaie.

Me. Doreen Mashinini, hoofbestuurder vir bemarking by Ford Suid-Afrika, sê die nuwe, spesiale Ranger gaan ’n stappie verder met sy unieke vernuwings buite en binne die kajuit. Dit wissel van rooi strepe op die enjinkap, deure, dak en agterklap tot ’n toetreklaai vir die laaibak. Die nuweling spog ook met voorste sleephake wat in rooi getooi is en wye, nuwevoorkoms-modderskerms, deurhandvatsels en ’n sierrooster.

Die nuwe bakkie is in grys, wit, helderblou en swart beskikbaar.

PRYS: Nog nie bekend gemaak nie.

Navrae: Enige Ford-handelaar, of web: www.ford.co.za