Toyota se dubbel- en enkelkajuitbakkies is Suid-Afrikaanse boere se voorkeur, luidens onlangse navorsing onder kommersiële boere deur Markstudies en Statistiese Analise (MSSA).

In die geval van enkelkajuitbakkies het 54% van die deelnemers aangedui dat Toyota hul eerste keuse is, met 41% wat dié handelsmerk in dubbelkajuitbakkies verkies.

Isuzu is in die tweede plek wat enkelkajuitbakkies betref met 17%, Ford in derde plek met 16%, Nissan volg met 6% en Volkswagen met 1%. Ander handelsmerke verteenwoordig 4% van die respondente se voorkeur, terwyl 2% aangedui het dat hul geen voorkeure het ni.

In die geval van dubbelkajuitbakkies was Ford die naasgewildste handelsmerk met 18%, terwyl 18% van deelnemers aangedui het dat hulle geen voorkeur het nie. Altesaam 14% verkies Isuzu, 5% Volkswagen, 3% Nissan en 1% ander handelsmerke.

Grafieke: Markstudies en Statistiese Analise (MSSA)