Me. Adri Kitshoff-Botha, uitvoerende hoof van Wildbedryf SA (WRSA), het dit gister in ’n boodskap aan haar lede bevestig.

“Dr. Mpho Maja, direkteur van dieregesondheid, het ons Vrydag laat weet dat daardie buffels nou verskuif mag word,” sê Kitshoff-Botha en wys daarop dat dit in die grendeltyd deurlopend een van die besprekingspunte in WRSA se gesprekke met die betrokke ministers was.

“Ons is dankbaar dat die risiko en die koste om buffels in bomas te hou nou iets van die verlede is en dat ons die 260 buffels waarvan ons weet, mag verskuif.” Sy sê daar is waarskynlik heelwat meer buffels in bomas as dié waarvan WRSA kennis dra.

Enigiemand wat buffels moet verskuif, kan WRSA by 021 335 6994 of info@wrsa.co.za kontak vir inligting om die vereiste permitte te kry.