Die staat van inperking is ingestel teen die verspreiding van die Covid-19-virus. Op vlak 5 het dit vereis dat almal in Suid-Afrika tuis bly buiten in sekere toelaatbare gevalle. In 2020 is 394 renosters vir hul horings reg oor Suid-Afrika gestroop vergeleke met 594 in 2019.

In 2020 het die Krugerwildtuin 1 573 gevalle van stroping aangeteken, wat 21,9% minder was as 2019 se syfer van 2 014.

In 2020 is 247 renosters in die land se nasionale parke gestroop, met 245 in die Krugerwildtuin en 2 in die Marakele-park. Altesaam 16 olifante is in 2020 vir ivoor in die Krugerwildtuin gestroop. Dit is 48,39% minder as die 31 wat in die vorige jaar in die Krugerwildtuin en die Marakele-park gestroop is.

Creecy sê hoewel daar met die streng inperking ’n beduidende daling in die aantal stropings in die Krugerwildtuin was, het die situasie teen einde 2020 verander toe stygings ervaar is ná die verslapping van die inperkingsvlak.

In 2020 is 66 verdagtes vir stroping in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem. Altesaam 90 mense is vir renosterstroping en handeldryf met renosterhoring buite die Krugerwildtuin in hegtenis geneem en meer as 25 grootskaalse ondersoeke is reg oor die land onderneem.