Hy jag al van kindsbeen af en weet hoe belangrik dit vir ’n jagter is om hom van skootplasing te vergewis.

Die kernboodskap is dat die jagter na ’n teiken binne-in die bok skiet, en nie na sy vel nie. Hy moet as ’t ware die bok se binnekant sien om die regte skoot te kan skiet.

Die jagter moet ook sorg dat sy wapen skoon en in ’n goeie toestand is, en weet hoe om dit te gebruik deur byvoorbeeld te oefen om die sneller reg af te druk. Hy moet ook gereeld op die skietbaan oefen. Die skrywer beveel die gebruik aan van ’n skietstok in die jagveld, wat baie met ’n akkurate skoot help.

Die boekie dui die beste skootplasing vir verskillende posisies aan waarin ’n bok in die veld staan. Dit word geïllustreer met bevrore karkasse van twaalf verskillende soorte wild wat deurgesaag is. Só sien die jagter presies waar elke bok se organe vir ’n doodskoot sit.

Danksy die grootte van 210 mm x 135 mm sal die boekie in ’n jagbaadjie se sak pas. 

Prys: R300 NAVRAE: Webwerf: www.wildlandmag.co.za; info@wildlandmag.co.za

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.