Camphor sê die belangrikste is dat mense nie hul gesinne saam met hulle moet neem as hulle gaan jag nie. Volgens hom was daar reeds ’n voorval waar jagters met hul gesinne by ’n wildsplaas opgedaag het.

Luidens die vereniging se webwerf is die volgende regulasies op jagters van toepassing:

• Slegs jag ten einde vleis vir eie gebruik te bekom, word toegelaat.

• Jagters moet die nodige dokumentasie en permitte (sien hier) gereed hê om oor provinsiale grense te mag reis.

• Jagters wat oor distriks-, munisipale of provinsiale grense reis, moet voldoen aan gesondheidsmaatreëls wat bepaal hoeveel mense per voertuig toegelaat word. Almal moet maskers dra.

• Die eienaar van die grond waar hulle gaan jag, moet ’n permit uitreik aan elke persoon wat na sy grond toe reis.

• Jagters moet die nodige provinsiale permitte bekom indien hulle oor provinsiale grense gaan reis. Lees hier meer.

• Jagters mag slegs oornag by die bestemming waar hulle gaan jag.

• Die eienaar van die plaas waar gejag word, is verantwoordelik om gesondheids- en veiligheidsprotokolle gereed te hê. Sien voorbeelde hiervan hier.

• Spesiale permitte word benodig vir die vervoer van wildsvleis, veral vleis van wilde varke (sien hier).