En die dalende pryse is eintlik goed vir almal in die wildbedryf, sê mnr. Hennie Barnard, bekende en bekroonde wildboer van Skietfontein in die distrik Aberdeen. Met meer deelnemers in die bedryf het veilings deursigtiger geraak en is die geleentheid vir ’n hand vol groter manne om die mark te manipuleer, minder.

“Die meer realistiese pryse sal dit makliker maak vir boere om deel te word van die bedryf. Wildboerdery moenie net vir superrykes wees nie. ’n Beginnerboer behoort ’n mooi springbokram vir R6 000 te kan bekom. Só sal meer boere waarde tot hul troppe kan voeg.” Danksy die goedkoper pryse stel jagters nou ook meer belang in kleurvariante.

Die kleiner kampies waarin boere intensief moes boer om die skaarswildbedryf aan die gang te kry, was nodig sodat Suid-Afrika skaars wild na die res van Suid-Afrika kon uitvoer.

Die nuwe jaggeleenthede – ook vir trofee- en biltongjag – bepaal die toekoms van wildboerdery. Hennie verwag die laer pryse behoort ná volgende jaar weer te begin styg. Daar is ’n skynbaar onversadigbare vraag na buffels en swartwitpense is ook gewild.