Die MantisX Shooting Performance System word as ’n revolusionêre skietstelsel beskryf en help ’n mens om akkurater te skiet. Dit word aan die geweer, pistool of rewolwer gekoppel, waarna die eienaar “droë skote” aftrek (dus sonder ammunisie) of met lewende ammunisie skiet.

Die toestel ontleed die jagter se manier van skiet en gee hom via Bluetooth op sy selfoon raad hoe om die foute uit te skakel. Dan weet hy hoe om dit reg te stel indien hy byvoorbeeld geneig is om die skoot af te ruk of die wapen dalk nie styf genoeg vashou nie. Dit is alles dinge wat veroorsaak dat ’n mens nie die teiken se kol tref of ’n bok ’n goeie doodskoot toedien nie.

Prys:

R2 600

NAVRAE: Mnr. Riaan de Ridder, Ultimate-Marksman, Midrand, sel 083 258 1000; webwerf: www.ultimate-marksman.co.za


Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.