Diegene wat al jare lank sonder oorbeskermers jag en die ou manne wat tydens diensplig in die weermag ook argeloos was, betaal vandag vir daardie onverskilligheid weens ore wat nie meer so lekker hoor nie.

Al daardie skote wat jare lank reg langs jou oor geklap het, kon skade aan die binnewerkinge van die ore aangerig het. LA Arms in Pretoria verkoop ’n baie bekostigbare oorbeskermer wat die jagter oor sy ore plaas wanneer hy sy geweer inskiet of op ’n bok aanlê. Dit is lig en duursaam en pas knus in die jagsak of jagbaadjie se sak.

Prys:

R150

NAVRAE: Mnr. Leon Bierbaum, tel. 012 329 5990


Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.