Luidens ’n verklaring op Peta se webwerf het die organisasie ’n “geheime ondersoek” onderneem en daardeur bevind dat Ramaphosa bande met en beleggings in die trofeejagbedryf het.
Die verklaring lui dat hy ’n belang van 50% in Tsala Hunting Safaris het en tans stil-stil Diepdrift, ’n perseel vir trofeejag, ontwikkel en uitbrei.
Ramaphosa se kantoor het ’n verklaring uitgereik waarin hy die beskuldigings as onwaar afmaak. Luidens dié verklaring het die president en Phala Phala geen bande met die trofeejagbedryf nie. Verder word gestaaf dat Phala Phala as ’n wildstoetery funksioneer en eties asook wettig bedryf word.
Verder word in Ramaphosa se kantoor se verklaring aangedui dat aangesien Peta vir Tsala Hunting Safaris daarvan beskuldig dat hy by trofeejag betrokke is, Phala Phala reeds dié onderneming in kennis gestel het dat alle jagooreenkomste met Tsala Hunting Safaris beëindig is.
Daar word ook in die verklaring uitgewys dat Peta al in die verlede Ramaphosa verkeerdelik daarvan beskuldig het dat hy ’n belang by die teel van wedvlugduiwe het.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier