Jagters wat graag hul wild self verwerk om seker te maak alles word volgens persoonlike voorkeure gesny en die wors en biltong is met die lekkerste speserye gemaak, weet watter frustrasie dit meebring as die bok tuis eers skoongemaak moet word voor die verwerking kan begin.

Met hierdie karkasvervoersak, wat deur Wrap A Buck bemark word, is dié narigheid iets van die verlede. Dit het plek vir 150 kg se bokke, byvoorbeeld vyf springbokke, vier blesbokke of ’n wildebees of koedoe. Dit is dus groot genoeg om die gemiddelde jagter se wildoes te hou.

Die sak is van duursame seil gemaak en beskik oor ’n stewige ritssluiter wat dit stofdig maak. Binne-in die sak is ’n voering wat ná gebruik vervang kan word as dit vol bloed is. Dit is dus ook nie nodig om die sak uit te was en dan op te hang om droog te word nie. LA Arms in Pretoria verkoop die sakke.

Prys: R1 050

NAVRAE: Mnr. Leon Bierbaum, tel. 012 329 5990

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.