BVG_Logo
BEAN 22/09 6945,4 62,40
CORN 22/09 3052,2 22,20
SOYA 22/09 7635 115,00
SUNS 22/09 9750 -59,00
WEAT 22/09 7100 60,00
WMAZ 22/09 3175 14,00
YMAZ 22/09 3335 20,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 17/09 16716 -0,01
Beeste A2/3 17/09 5160 0,00
Beeste AB2/3 17/09 5097 0,02
Beeste B2/3 17/09 4890 0,00
Beeste C2/3 17/09 4450 0,00
Ewes (Goats) 17/09 4604 0,07
Feeder Lamb 17/09 4306 0,05
Kids (under 30kg) 17/09 6645 0,03
Large (above 40kg) 17/09 3863 0,05
Medium (30-40kg) 17/09 5265 0,09
Pluimvee (Bevrore) 17/09 2878 -0,03
Pluimvee (Vars) 17/09 2865 -0,03
Pluimvee IQF 17/09 2666 0,00
Skaap A2/3 17/09 8871 0,03
Skaap AB2/3 17/09 7827 0,01
Skaap B2/3 17/09 7334 0,03
Skaap C2/3 17/09 6903 0,06
Speenkalf 17/09 3811 0,00
Spekvarke 17/09 2554 0,00
Varkwors 17/09 2149 -0,05
Vleisvarke 17/09 2759 -0,11
V: Voerkraalmengsel vir lammers
Ek is op soek na ’n voerkraalmengsel vir lammers. Ek het sojareste en droë sitrusmeel beskikbaar. Die lammers weeg 33 kg op vier maande. Wat moet ek bysit of watter mengsel kan ek gebruik om hulle tot 45 kg in twee maande te laat gewig optel?
Deur: Deon van Wyk 20 Mei 2021 585 keer gelees
A. Antwoord
Gedroogde sitruspulp word beskou as ’n energiekonsentraat wat graan deels in herkouerrantsoene kan vervang. Insluitings van 10-20% word in voerkraalrantsoene vir lammers aanbeveel. 

Hoër insluitingsvlakke kan groei weens mineraalwanbalans en anti-nutriente beperk. Sojaboonhooi of -reste bevat sowat 10% ruproteïen, afhangende van die hoeveelheid peule wat ná die oes agterbly. 

Dit word gewoonlik teen 10-15% in ’n afrondrantsoen ingesluit, waar lusern gewoonlik tot en met 20% ingesluit word. Die rede hiervoor is die hoër ruveselinhoud van sojaboonhooi teenoor dié van lusernhooi. 

Onthou om ’n natuurlike proteïenbron in te sluit wanneer sojaboonhooi pleks van lusernhooi gebruik word – dit maak op vir die laer ruproteïen. Die volgende mengsel sal goeie lammergroeiresultate in die voerkraalomgewing lewer: 

• 200 kg Voermol SS200 (V8592) 
• 50 kg Voermol Procon 33 (V12701) 
• 570 kg gemaalde mielies 
• 150 kg gedroogte sitruspulp 
• 170 kg gemaalde sojaboonhooi (10 mm) 

Voer ad libitum. Onthou om lammers eers vir 10-14 dae aan te pas deur addisionele hooibale eenkant saam te voer. 

Dr. Josef van Wyngaard is tegniese bestuurder by Voermol Voere.
31 Mei 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier