BVG_Logo
BEAN 01/03 7611,15 0,00
CORN 01/03 3194,5 0,00
SOYA 01/03 8930 110,00
SUNS 01/03 9697 125,00
WEAT 01/03 5226 58,00
WMAZ 01/03 3236 32,00
YMAZ 01/03 3355 35,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 26/02 16744 -0,01
Beeste A2/3 26/02 4988 0,02
Beeste AB2/3 26/02 4952 -0,02
Beeste B2/3 26/02 4708 0,00
Beeste C2/3 26/02 4509 -0,02
Ewes (Goats) 26/02 3647 0,22
Feeder Lamb 26/02 3982 -0,05
Kids (under 30kg) 26/02 5470 0,00
Large (above 40kg) 26/02 3529 0,03
Medium (30-40kg) 26/02 4142 -0,07
Pluimvee (Bevrore) 26/02 2718 0,00
Pluimvee (Vars) 26/02 2590 0,00
Pluimvee IQF 26/02 2514 0,04
Skaap A2/3 26/02 8168 0,02
Skaap AB2/3 26/02 7462 0,03
Skaap B2/3 26/02 6750 0,03
Skaap C2/3 26/02 6631 0,02
Speenkalf 26/02 3841 0,03
Spekvarke 26/02 2945 0,00
Varkwors 26/02 2380 0,00
Vleisvarke 26/02 3151 0,10
V: Aangeplante weiding in Lady Grey
Ek is opsoek na die meerjarige weiding wat die beste in Lady Grey omgewing sal aard. (Tussen Dordrecht, Barkley-Oos en Lady Grey). Op Keirivier, kleilande – 2ha/2ha/6ha/6ha) en wil graag speenkalwers en hamels vet maak. Ons het droëland en besproeiing. Maar wil by lusern bly op besproeiingslande.
Deur: .23 Februarie 2021 72 keer gelees
A. Antwoord
Lady Grey het ‘n koel klimaat met ‘n goeie gemiddelde reënval (tussen 550 tot 650 mm per jaar). Die genoemde lusern sal goed aard in die gebied, veral kultivars in die hoër Dormansie-groepe soos 9 – 10. Dit is net nie goed aangepas in baie nat/versuipgronde nie, maar moet strategies besproei word. 

Dit bly nog steeds die “Koning van hooigewasse”. Vir die koeler maande en winter kan langswenkgras onder besproeiing geplant word. Dit is ‘n meerjarige gras wat goeie weiding bied (herfs tot lente). Dit doen ook goed in ‘n mengsel met witklawer en Commander-sigoerei (al drie is meerjarig). 

In ‘n suiwer stand, sowel as in die mengsel, moet net kennis geneem word dat dit stadig vestig en dat dit in ‘n baie goed voorbereide saadbed geplant moet word. Hierdie mengsel kan ook as staande hooi in die winter gebruik word, indien dit in herfs nie bewei word nie. 

Vir mid-winter kan eenjarige raaigras as weiding gebruik word, onder besproeiing. Vir die somer is meerjarige oulandsgras goed aangepas in koeler, hoë reënvaldele. Dit is smaaklik in ‘n jong stadium, voor saad gevorm word. Word ook vir hooimaak gebruik. Dit kan op droëland geplant word en moet goed bemes word. 

 Smutsvinger sal ook daar aanpas vir somerweiding en staandehooi in die winter. Baie intensiewe navorsing oor die gebruik van kikoejoe, vir melkbeeste en skape, in die semer is op Outeniqua-proefplaas, by George gedoen. Groot sukses is ook behaal deur dit met eenjage of meerjarige raaigras oor te saai vir die winter. 

Die grondontleding dui op relatief vrugbare grond: Die pH lyk goed en so ook die Ca- en Mg-vlakke. Sou aanbeveel dat met lusernvestiging kan, 500kg/ha landboukalk toegedien word, met saadbedvoorbereiding,. Die grootste probleem is die lae P- en K-inhoude.Aanbevelings t.o.v. die regstelling van P en K. 

Fosfor (P)
Ernstige P-tekorte moet voor vestiging reggestel word volgens grondontledings. Die volgende kan as riglyn gebruik word: 

12 mg/kg om 4+ t/ha gras te produseer. 
15 mg/kg om 8+ t/ha gras te produseer. 
20 mg/kg om 12+ t/ha gras te produseer. 
20-30 mg/kg vir hoër grasproduksies en peulgewasse. 

In kleigronde is 5 kg P/ha nodig om die bogrond met 1 mg/kg te laat toeneem, terwyl 6,5 kg P/ha in sandgrond nodig is. 

Kalium (K)
Die gronde in Suid-Afrika is normaalweg nie arm aan K nie, maar om die beste produksie te verkry, moet die K-inhoud van die grond, voor vestiging, soos volg wees: 

80 mg/kg K om ongeveer 4 t/ha gras te produseer. 
100 mg/kg K om ongeveer 8 t/ha gras te produseer. 
120 mg/kg K om ongeveer 12 t/ha gras te produseer. 
150 mg/kg K om ongeveer 16 t/ha gras te produseer en vir peulgewasse.

Om die K-inhoud van die grond met 1 mg/kg te laat toeneem, is ± 2 kg K/ha nodig. 

Geantwoord deur: 
Prof Chris S Dannhauser
082 873 4736 
23 Februarie 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier