BVG_Logo
BEAN 26/10 6480 88,00
CORN 26/10 2683 -2,00
SOYA 26/10 8550 144,00
SUNS 26/10 8011 0,00
WEAT 26/10 4904 0,00
WMAZ 26/10 3806,8 54,80
YMAZ 26/10 3653,2 21,20
AMT_Logo
Beeste A2/3 23/10 4986 0,00
Beeste AB2/3 23/10 4771 0,00
Beeste B2/3 23/10 4424 0,00
Beeste C2/3 23/10 4186 -0,02
Ewes (Goats) 23/10 4556 -0,73
Feeder Lamb 23/10 4154 0,02
Kids (under 30kg) 23/10 6194 -0,16
Large (above 40kg) 23/10 3682 0,54
Medium (30-40kg) 23/10 4877 -0,16
Pluimvee (Bevrore) 23/10 2549 0,00
Pluimvee (Vars) 23/10 2491 0,00
Pluimvee IQF 23/10 2380 0,00
Skaap A2/3 23/10 8636 0,02
Skaap AB2/3 23/10 7376 0,04
Skaap B2/3 23/10 6783 0,00
Skaap C2/3 23/10 6717 0,01
Speenkalf 23/10 3659 0,00
Spekvarke 23/10 2903 -0,07
Varkwors 23/10 2302 -0,31
Vleisvarke 23/10 3185 -0,09
V: Avokado-boompie sukkel om te groei in Kimberley
Ek het 'n avokadoboompie in Durban gekoop. Die boom is geënt. Ek bly in Kimberley en ek is bewus daarvan dat dit seker nie die regte plek vir avokado's is nie! Ek het hom 'n jaar gelede uitgeplant, hy groei nie maar hy vrek ook nie. Hy staan nog met van die blare waarmee die boom mee geplant is. Van die blare het al afgeval. Bome waarvan ek laas seisoen van pitte geplant het in potte, is seker al twee keer groter as die een. Is ek te haastig, of wat kan ek doen om hom bietjie lewe te gee?
Deur: Corli Van der Merwe09 Januarie 2020 3554 keer gelees
A. Antwoord
Avokado's word op onderstamme geënt wat vir die spesifieke grond geselekteer word. Die bome sal nie baie goed in Kimberley aard nie want die grond temperatuur in die winter is te laag en weer te warm in die somer. 

Ek vermoed die onderstam van jou gekoopte boompie is vir meer suurder grond bedoel en dat jou grond by Kimberley dalk baie meer alkalies is. 'n Grondmonsterontleding, spesifiek pH, sal vir jou lig hierop werp. Indien die pHwater, bokant 6.5 eenhede is, dan moet die grond versuur word. 

'n Koppie blomswawel per vierkante meter, deeglik met die grond tot `n diepte van 30 cm ingemeng, behoort te help. Onthou om gedurende die winter die boom toe te maak om dit teen ryp te beskerm. Veral swart ryp is baie nadelig vir avokado's. 

Die saaling, pit gegroeide boompie, sal goed groei maar die kanse dat dit vrugte sal dra is nie baie goed nie. U is dalk gelukkig en dra die boompie wel vrugte. 

Alle avokadobome hou van gereelde water, meer op 'n slag, maar pasop om die boom te versuip. Ek het in my navorsing en konsultasies by produsente meer bome gesien wat weens versuiptoestande gevrek het as van droogte. 

Die simptome lyk dieselfde, verlepte blare, en dan gee die mense nog meer water terwyl die boom reeds versuip. Sterkte, ek hoop jy kan eersdaag avokado's van jou eie boom eet. 

Geskryf deur: 
Dr Eduard Hoffman | PhD | Pri.Sci.Nat. 
Voorsitter: Departement Grondkunde Fakulteit AgriWetenskappe 
09 Januarie 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier