BVG_Logo
BEAN 27/10 6470,8 -9,20
CORN 27/10 2682,4 -0,60
SOYA 27/10 8550 0,00
SUNS 27/10 8105,2 -15,80
WEAT 27/10 4904 0,00
WMAZ 27/10 3750 -50,00
YMAZ 27/10 3615 -44,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 23/10 4986 0,00
Beeste AB2/3 23/10 4771 0,00
Beeste B2/3 23/10 4424 0,00
Beeste C2/3 23/10 4186 -0,02
Ewes (Goats) 23/10 4556 -0,73
Feeder Lamb 23/10 4154 0,02
Kids (under 30kg) 23/10 6194 -0,16
Large (above 40kg) 23/10 3682 0,54
Medium (30-40kg) 23/10 4877 -0,16
Pluimvee (Bevrore) 23/10 2549 0,00
Pluimvee (Vars) 23/10 2491 0,00
Pluimvee IQF 23/10 2380 0,00
Skaap A2/3 23/10 8636 0,02
Skaap AB2/3 23/10 7376 0,04
Skaap B2/3 23/10 6783 0,00
Skaap C2/3 23/10 6717 0,01
Speenkalf 23/10 3659 0,00
Spekvarke 23/10 2903 -0,07
Varkwors 23/10 2302 -0,31
Vleisvarke 23/10 3185 -0,09
V: Beheer van Kaapse- of beesdubbeltjie
Ek het heelwat beesduwweltjies op my meerjarige weidings wat ek met skaap bewei. Is daar ‘n spesifieke onkruiddoder wat ek dit mee kan doodspuit sonder om die weiding ook dood te spuit of enige ander raad? Ek boer naby Uitenhage in die Oos-Kaap.
Deur: .30 September 2020 305 keer gelees
A. Antwoord
Volgens die foto's is dit Emex australis (volksnaam: Kaapse dubbeltjie), maar ons weet nou in Oos-Kaap is dit "beesdubbeltjie". Kyk hier na foto's
Die plant is inheems tot die RSA se Kaapse provinsies, en is deesdae 'n belangrike onkruid in baie dele van die wêreld. 

Die Aussies het dit glo van ons gekry omdat dit toentertyd as bron van vitamien-C op seilskepe gedien het, en daarby het sade waarskynlik ook die hooi wat oorsee vervoer is, besmet. Kaapse dubbeltjie is veral in aangeplante weidings 'n groot probleem, spesifiek in die winterreënstreek omdat natuurlike aanpassing by hierdie klimaat dit sterk kompeterend met ander plante maak. 

Dit word ook in die somerreënstreek aangetref onder besproeiiing en as winteronkruid. Kaapse dubbeltjie kan suksesvol met vlak bewerking beheer word, asook met sogenaamde breëblaar-onkruiddoders, soos byvoorbeeld 2,4-D en MCPA, wat selektief teenoor grasse is, m.a.w. grasse is daarteen weerstandig, maar (let wel!) groeistadium van die grasgewas is bepalend van die risiko vir beskadiging van die gewas met sulke onkruiddoders. 

Raadpleeg die plaaslike verskaffers van plaagdoders vir advies oor toepaslike onkruiddoderprodukte. Lees ook: https://www.grainsa.co.za/control-of-weeds-in-maize-and-wheat-part-1-spiny-emex 

Geskryf deur: 
Prof C. F. Reinhardt 
Pr.Sci.Nat. 
Landbouwetenskappe Fakulteit: Natuur- en Landbouwetenskappe 
Noordwes Univ, Potch Kampus 
30 September 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier