BVG_Logo
BEAN 20/09 5080 54,00
CORN 20/09 2182,4 23,40
SOYA 20/09 5781 10,00
SUNS 20/09 5481 30,00
WEAT 20/09 4687 0,00
WMAZ 20/09 2874,8 42,80
YMAZ 20/09 2735 39,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Beheer van Lippia javanica (Beukesbossie)
Ons weiding is besig om oorgeneem te word deur 'n bossie wat as 'n kruieplant bekend staan. Sy botaniese naam is Lippia javanica, maar hy is ook bekend as Lemon bush, Fever tree, Koorsbossie, Lemoenbossie & Beukesbossie. Op die internet kry ek net al sy voordele en waarvoor dit medisinaal gebruik kan word. Niemand kan egter help met hoe dit uitgeroei kan word nie. Dit blyk boonop droogtebestand te wees. Nie die beeste of skape vreet dit nie. Van die buurplase het al gif prober, maar dit was nie baie suksesvol nie. Het u dalk enige raad van iets wat ons kan probeer? Die plaas is buite Polokwane, Limpopo.
Daar is dele grond waar die bossies op mekaar en aaneen staan met geen gras / weiding tussen in nie. Ons probeer maar met hande-arbeid om stuk-stuk die bossies uit te kap, maar dit vat baie lank en kos ook baie. As daar dalk gif is wat nie skadelik is vir beeste, skape en voëls nie? Of is dit maar die beste om dit uit te kap? Daar is ook skielik baie Satansbos. Ons het eerste aandag daaraan gegee en meeste daarvan is nou uitgeroei, hoop ek.
Deur: .26 Julie 2019 882 keer gelees
A. Antwoord
Die Lippia javanica kan met Garlon 480EC (L4916, bevat triclopyr) behandel word. Meng 50 ml per 10 liter water en voeg 50 ml minerale olie as benatter by. 

Dien dan met loofbespuiting toe. Die reaksie is aanvanklik stadig maar dit maak die hele struik effektief dood. 

Geskryf deur:
Dr Gerhard H Verdoorn
Direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum
082 446 8946
nesher@tiscali.co.za
26 Julie 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier