BVG_Logo
BEAN 27/10 6470,8 -9,20
CORN 27/10 2682,4 -0,60
SOYA 27/10 8550 0,00
SUNS 27/10 8105,2 -15,80
WEAT 27/10 4904 0,00
WMAZ 27/10 3750 -50,00
YMAZ 27/10 3615 -44,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 23/10 4986 0,00
Beeste AB2/3 23/10 4771 0,00
Beeste B2/3 23/10 4424 0,00
Beeste C2/3 23/10 4186 -0,02
Ewes (Goats) 23/10 4556 -0,73
Feeder Lamb 23/10 4154 0,02
Kids (under 30kg) 23/10 6194 -0,16
Large (above 40kg) 23/10 3682 0,54
Medium (30-40kg) 23/10 4877 -0,16
Pluimvee (Bevrore) 23/10 2549 0,00
Pluimvee (Vars) 23/10 2491 0,00
Pluimvee IQF 23/10 2380 0,00
Skaap A2/3 23/10 8636 0,02
Skaap AB2/3 23/10 7376 0,04
Skaap B2/3 23/10 6783 0,00
Skaap C2/3 23/10 6717 0,01
Speenkalf 23/10 3659 0,00
Spekvarke 23/10 2903 -0,07
Varkwors 23/10 2302 -0,31
Vleisvarke 23/10 3185 -0,09
V: Beheer van rotplaag
Ek is te bang om gif uit te sit siende dat ek hasies, katte, honde en mak voëls het. Ek het hulle al talle maal sonder sukses probeer vang. Enige raad sal baie waardeer word.

Deur: .30 September 2020 279 keer gelees
A. Antwoord
Daar is slegs twee metodes om van knaagdiere soos rotte en muise ontslae te raak: of met slagsytertjies of met geregistreerde knaagdierdoders. Wanneer mense wel troeteldiere op die werf het, moet hulle uiters versigtig wees met die knaagdierdoders en dit mag SLEGS in lokaashouer aangewend word. 

Daar is verskeie soorte knaagdierdoders op die mark wat ook in verskeie formulasies beskikbaar is. Wat die publiek in ag moet neem is dat alle knaagdierdoders baie giftig vir alle soogdiere is, en honde het die nare gewoonte om die lokaas uit te snuffel en te vreet. 

Die beste is dus om twee plastieklokaashouers te koop en dit te plaas op so ‘n plek waar geen hond, haas of kind kan bykom nie. Gebruik dan Racumin 3D Paste (L10218, bevat kumatetraliel en cholekalsiferol, VERSIGTIG, geregistreer deur Bayer (Edms) Bpk) of EcoRat (L10397, bevat cholekalsiferol, geregistreer deur Efekto Care (Edms) Bpk). 

Plaas een blokkie in die lokaashouer en loer elke dag of die rotte dit vreet. Sodra die blokkie opgevreet is, sit ‘n nuwe een in. Maak seker die blokkie word vasgemaak in die houer deur die draadstafie deur die blokkie te druk. Die sakkies waarin die blokkies verpak word, moet nie verwyder word nie. 

Dit behoort rotte en muise heeltemal binne 14 dae uit te wis. Dit hou baie min gevaar vir sekondêre vergiftiging in as ‘n hond dalk ‘n dooie rot vreet terwyl dit feitlik geen gevaar vir uile inhou nie. 

Geskryf deur: Dr Gerhard H Verdoorn 
Direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum  
082 446 8946 
30 September 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier