BVG_Logo
BEAN 20/09 5080 54,00
CORN 20/09 2182,4 23,40
SOYA 20/09 5781 10,00
SUNS 20/09 5481 30,00
WEAT 20/09 4687 0,00
WMAZ 20/09 2874,8 42,80
YMAZ 20/09 2735 39,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Beheer van waterharpuis, veral in vleilande
Wat is die doeltreffendste manier om waterharpuis uit te roei? Ek boer in Richmond in die Karoo en dié bos het my vleie oorgeneem.
Deur: .24 April 2018 488 keer gelees
A. Antwoord
Waterharpuis is een van verskeie Euryops-spesies wat in Suid-Afrika voorkom. Plante in die foto’s wat deur ‘n boer van die distrik Richmond in die Karoo ingestuur is, lyk soos Euryops oligoglossus (=annae) waarvan die volksname waterharpuis of wildeharpuisbos is (D. Shearing & K. van Heerden, 1994, Karoo: South African Wild Flower Guide No. 6). Twee subspesies word erken, naamlik: E. oligoglossus subsp oligoglossus en E. oligoglossum subsp racemosus.

Vanmelewe is ‘n spesiale harpuis-seep (hars) van plante in die genus Euryops gemaak. Van die groter soorte is met groot moeite en koste uitgekap om plek te maak vir meer smaaklike spesies. Die weidingswaarde van Euryops-spesies is laag weens lae smaaklikheid. Blomme word selektief bewei maar die loof word vermy. Waterharpuis kry die naam waarskynlik omdat dit waterryke omgewings verkies – dit verklaar waarom dit neig tot digte infestasies in vleilandhabitat.

Geen onkruiddoders is vir die beheer van waterharpuis geregistreer nie. Daar is onkruiddoders wat dit kan beheer, maar omdat daar nie registrasie kragtens Wet 36 van 1947 (Wet op Landbouhulpbroninsette) bestaan nie, mag geen persoon aanbevelings in hierdie verband maak nie. Biologiese beheer is nie ‘n opsie nie, aangesien die plant nie ‘n uitheemse plantsoort is wat deur ingevoerde natuurlike vyande beheer kan word nie. Die enigste oorblywende beheeropsie is meganiese beheer, wat donkiejare gelede reeds toegepas is – pik en graaf!

Belangrik om in ag te neem in die geval van vleilande is dat hierdie habitat besonder gevoelig vir oorbeweiding is, spesifiek in ariede streke soos die Karoo. Vleiland se grond sal neig om hoog in klei-inhoud te wees en dit verhoog waterhouvermoë wat weer vir grasse bevorderlik sal wees. Hou in gedagte dat waterharpuis dieselfde habitat verkies. Oorbeweiding plaas die meeste druk op smaaklike plantsoorte wat mettertyd deur minder smaaklike soorte oorheers of selfs verplaas kan word. Beweiding van vleiland moet dus met spesiale, groot omsigtigheid bestuur word.

Rehabilitasie van Karoo-veld, wat deur onsmaaklike bossiesoorte soos waterharpuis domineer word, is stadig. Dieselfde geld vir plante met giftige eienskappe. Sodra onsmaaklike en/of giftige soorte in hoë digthede gevestig geraak het, kan drakrag van veld vir dekades laag bly al word vee en wild daarvan onttrek (Karen Esler et al. 2010, Karoo Veld: Ecology and Management, Briza Publikasies, Pretoria).

Daar is basies drie redes vir hierdie stadige herstel van Karoo-veld:
(1) bossies of struiksoorte is meerjarig en kan verskeie dekades leef, wat dit moeilik maak vir ander soorte om die nabyheid van voorgenoemdes te vestig;
(2) in gevalle waar onsmaaklike soorte domineer sal daar swaar weidingsdruk op die meer smaaklike soorte wees, en gevolglik sal laasgenoemdes se aanwas stadig wees;
(3) saadverspreiding van soorte wat nie aangepas is vir windverspreiding nie is in die algemeen stadig, en ontkieming van sade in die Karoo is noemenswaardig alleenlik in bogemiddelde reënvaljare.

In ariede omgewings soos die Karoo word veldherstel gekortwiek deur droogte-weerstandige, onsmaaklike bossiesoorte en ‘n tekort aan sade van smaaklike plantsoorte wat eersgenoemdes kan uitkompeteer (Esler et al. 2010). Daarom is duur bestuurspraktye met ‘n hoë risiko soos selektiewe chemiese (onkruiddoders) en meganiese beheermetodes (kap en sny), en die insaai van gewenste soorte, soms die enigste opsies vir die herstel van drakrag van veld binne ‘n kort tyd.

Grootskaalse chemiese en meganiese “skoonmaak” van ongewenste plantsoorte onder ariede klimaattoestande kan egter water- en winderosie bevorder en mikrohabitatte van mikrobes, insekte en gewenste plante vernietig. Beste praktyk sal wees om relatief klein oppervlaktes (stroke of bane) oor tyd aan die drastiese beheerpraktyke bloot te stel (Esler et al. 2010).

Dr. Charlie Reinhardt is dekaan van die Villa Academy en buitengewone professor in onkruidwetenskap aan beide die Universiteit van Pretoria en Stellenbosch Universiteit. Kontak hom by epos: creinhardt@villaacademy.co.za; tel (w) 011-396 2233.

14 Junie 2018
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier