BVG_Logo
BEAN 11/06 7707 -178,00
CORN 11/06 3711 -48,00
SOYA 11/06 7300 -31,00
SUNS 11/06 8390 -116,00
WEAT 11/06 5018 22,00
WMAZ 11/06 3250,4 -50,60
YMAZ 11/06 3395 -45,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 11/06 16228 -0,01
Beeste A2/3 11/06 5339 -0,02
Beeste AB2/3 11/06 5120 0,00
Beeste B2/3 11/06 4776 0,02
Beeste C2/3 11/06 4470 -0,04
Ewes (Goats) 11/06 4404 0,07
Feeder Lamb 11/06 4708 0,11
Kids (under 30kg) 11/06 6867 -0,15
Large (above 40kg) 11/06 4200 0,10
Medium (30-40kg) 11/06 6412 -0,44
Pluimvee (Bevrore) 11/06 2795 0,04
Pluimvee (Vars) 11/06 2725 0,04
Pluimvee IQF 11/06 2668 0,00
Skaap A2/3 11/06 9352 0,00
Skaap AB2/3 11/06 7912 -0,01
Skaap B2/3 11/06 7258 -0,03
Skaap C2/3 11/06 7071 -0,01
Speenkalf 11/06 3745 0,05
Spekvarke 11/06 2822 0,04
Varkwors 11/06 2315 -0,04
Vleisvarke 11/06 3000 0,00
V: Bulhondteef moet gedek word
My Engelse bulhond is twee jaar oud en het onlangs vir die derde keer op hitte geraak. Is sy reg om gedek te word? Moet ’n veearts haar help met die proses? Op watter dag moet ons ’n reun by haar bring?
Deur: .29 Maart 2021 477 keer gelees
A. Antwoord
Op twee jaar is ’n teef uitgegroei en kan sy gedek word. Die tydperk wat sy op hitte is, bestaan uit ’n voorhitte periode (pro-estrus) van sowat 10 dae (dis gewoonlik wanneer daar bloeding is) en dan die werklike hitte, van ook omtrent 10 dae lank (meestal geen bloeding). Die totale periode van hitte is dus ongeveer drie weke. 

Gewoonlik word tewe gedek rondom dag 10 - 14 ná hulle begin bloei het. Die presiese ideale dag vir dekking, asook die einde van die hitte-periode, kan akkuraat deur ’n veearts bepaal word met behulp van ’n vaginoskopiese ondersoek asook ’n smeer wat onder die mikroskoop ondersoek word. 

Bulhonde, weens hulle abnormale anatomie (kort neus en bene, verswakte ruggraat en pelvis ens) is egter bekend daarvoor dat hulle nie altyd self regkom met dekking nie en derhalwe verkies baie telers kunsmatige inseminasie. 

Jou veearts is opgelei vir hierdie prosedure, maar daar is veeartse wat etiese besware het ten opsigte van onnatuurlike teling van diere met abnormaliteite, dus stel ek voor dat jy eers met jou veearts daaroor gesels. 

Voor jy besluit om met jou teef te teel, vind uit wat die koste en implikasies van ’n keisersnee sal wees aangesien meeste bulhondtewe nie self kan geboorte skenk nie, weereens as gevolg van genetiese afwykings. 

Geskryf deur Dr. Quixi Sonntag, dieregedragskundige by die Fakulteit Veeartsenykunde, aan die Universiteit van Pretoria.
29 Maart 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier