BVG_Logo
BEAN 20/09 5080 54,00
CORN 20/09 2182,4 23,40
SOYA 20/09 5781 10,00
SUNS 20/09 5481 30,00
WEAT 20/09 4687 0,00
WMAZ 20/09 2874,8 42,80
YMAZ 20/09 2735 39,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Die verhouding tussen stoorlam- en slaglampryse
Hoe kry voerkrale dit reg om stoorlammers teen R44 te koop met die slaglamprys op R74. Nie lank terug nie was daar 'n verhouding tussen stoorlam- en slaglampryse. Slaglam was rondom x 2,1 die stoorlamprys wees. Met vandag se pryse maak dit nie meer sin om 'n lam af te rond nie.
Deur: Deon Botha20 November 2018 7334 keer gelees
A. Antwoord
Ek kan nie regtig namens voerkrale praat nie. My antwoord is dus bloot dié van 'n skaapboer en omdat ek self die afgelope twee maande lammers verkoop het. Dit hang baie af van die gewig van beide lammers. Stoorlammers wat 35 kg en minder geweeg het, het die afgelope tyd teen 'n premie verkoop (R44/kg). 

Met die lae mielieprys kon 'n voerkraal teen 'n redelike wins nog 15kg byvoeg om die slaglam dan teen 50kg te verkoop. Lammers wat meer as 40 kg geweeg het, was nie hoog in aanvraag nie omdat die potensiaal om gewig/waarde toe te voeg baie laag is. 

So, ekonomies gesproke moet jy óf jou lammers teen 35 kg verkoop óf jy moet dit tot 50 kg vat en direk aan 'n slagter verkoop. Op die oomblik is dit vir 'n boer amper beter om 'n lam teen 35 kg te verkoop omdat jy bykans dieselfde wins op so 'n lam gaan maak as om dieselfde lam te voer en op 50 kg te verkoop. 

Neem ook hiermee in ag dat 'n lam se voeromset tot en met 35 kg baie hoër is, met ander woorde hoeveelheid vleis/hoeveelheid voer as wat 'n lam van 35 kg tot 50 kg se voeromset is. Maar iemand moet die lam tot 50 kg vat omdat 'n lam van 35 kg nog nie slaggereed is nie. Gevolglik is daar 'n afname in die prys/kg van 'n slaglam teenoor 'n stoorlam.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen van Computus Bestuursburo, Bethlehem.
20 November 2018
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier