BVG_Logo
BEAN 26/11 6660 -100,00
CORN 26/11 2540 -15,00
SOYA 26/11 8200 -166,00
SUNS 26/11 8500,8 -25,20
WEAT 26/11 4830 -41,00
WMAZ 26/11 3426 28,00
YMAZ 26/11 3388 10,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 20/11 5023 -0,02
Beeste AB2/3 20/11 4833 -0,02
Beeste B2/3 20/11 4470 -0,02
Beeste C2/3 20/11 4321 -0,02
Ewes (Goats) 20/11 3811 -0,03
Feeder Lamb 20/11 3872 0,15
Kids (under 30kg) 20/11 5659 0,04
Large (above 40kg) 20/11 3720 -0,13
Medium (30-40kg) 20/11 5127 -0,16
Pluimvee (Bevrore) 20/11 2641 -0,08
Pluimvee (Vars) 20/11 2671 -0,07
Pluimvee IQF 20/11 2511 -0,04
Skaap A2/3 20/11 8294 -0,01
Skaap AB2/3 20/11 7166 0,04
Skaap B2/3 20/11 6594 0,03
Skaap C2/3 20/11 6943 -0,07
Speenkalf 20/11 3779 -0,03
Spekvarke 20/11 2993 -0,07
Varkwors 20/11 2480 -0,16
Vleisvarke 20/11 3329 -0,06
V: Doofheid in honde
Ek vermoed my hond is doof, as ek hom roep reageer hy nie op my stem nie. Kan iemand vir my meer inligting oor doofheid in honde verskaf?
Deur: .22 Oktober 2020 189 keer gelees
A. Antwoord
Hoe om te weet en wat om te doen 

Gehoorverlies is die algemeenste sensoriese defek by mense, en dit mag ook op metgeseldiere van toepassing wees. Die hondeoor, soos die menseoor, bestaan uit ‘n gesofistikeerde struktuur wat sagte weefsels, senuwees, kraakbeen en klein beentjies behels, wat, in samewerking met die brein klank inneem, transformeer, gelei en interpreteer. Skade aan of wanfunksie van een of meer van hierdie areas kan tot gehoorverlies lei. Die meeste honde ervaar tydens hulle lewe ‘n sekere mate van gehoorverlies, wat kan presenteer as ‘n algehele gebrek aan of ‘n geleidelike afname in die vermoë om te kan hoor. Sodanige verlies kan tydelik of permanent wees, en kan een oor (unilateraal) of beide ore (bilateraal) affekteer. Tydelike gehoorverlies kan meesal toegeskryf word aan wasopbouïng in die oorkanaal of infeksie in die buite- of middeloor, wat deur ‘n veearts behandel kan word. Permanente gehoorverlies mag verskeie oorsake hê, en sluit in onbehandelde oorinfeksies, beserings, medikasievergiftiging, gewasse, kongenitale (aangebore) defekte en bejaardheid. 

Vatbare rasse  

Meer as 30 honderasse is bekend vir vatbaarhied vir gehoorverlies (óf by geboorte óf later in hulle lewe). Sommige hiervan sluit in die Skaaphonde, Borderkollie, Bostonterriër, Cockerspaniël, Dalmatiese hond, Engelse Setter, Jack Russel-terriër, Malteserhond en Dwergpoedel. Honde met oorwegend wit pelse mag moontlik ‘n verhoogde risiko vir kongenitale (by geboorte) gehoorvelies hê. 

Simptome 

Dit mag verwarrend wees om saam met ‘n dowe hond te lewe as jy nie oor die aangewese hulpmiddele en kennis beskik nie. Gelukkig het gehoorverlies selde ‘n impak op ‘n hond se lewensgehalte. Dit is egter baie belangrik om doeltrefffende kommunikasievaardighede aan te leer asook hoe om op die bes moontlike manier vir jou hond te sorg. Jy mag moontlik nie agterkom as jou beste vriend ligte gehoorverlies het nie, maar in die geval van ernstige gehoorverlies mag jy moontlik die volgende waarneem: 

• Geen reaksie op sy gunsteling raserige speelgoed nie 
• Veranderinge in gehoorsaamheid of oplettendheid 
• Gedragsveranderinge, bv. afwesigheid tydens opskep van etes of wanneer jy tuiskom 
• Toon geen reaksie op alledaagse klanke nie, bv. handeklap, ‘n motor wat by die hek arriveer, ‘n stofsuier of selfs donderweer 
• Geen reaksie wanneer jy hom roep nie 
• Maak hom moeilik wakker deur hom te roep 
• Skrik maklik as hy in sy slaap aangeraak word 
• Slaap meer en onttrek aan sosiale interaksie 
• Raak van nature passiewer 
• Blaf buitengewoon baie 

Voorkoming 
Om jou hond optimaal gesond te hou, is uiters belangrik om die vordering van gehoorverlies te vertraag. Maak seker dat sy voedsel hoëgehalte, gebalanseerde bestanddele bevat (bespreek dit tydens jou volgende besoek met jou veearts), en dat hy dwarsdeur die dag gedehidreer bly. Hou jou hond se ore skoon om die moontlikheid van tydelike gehoorverlies te verlaag.

Moet egter nie jou hond se ore skoonmaak alvorens ‘n veearts vir jou gewys het hoe om dit te doen nie. Dit is ‘n goeie idee om jou hond weg te hou van harde geluide wat sy gehoor kan beskadig. ‘n Hond se ore is ontsettend sensitiewer as dié van ‘n mens, en is harde geluide dus ‘n groter risiko vir sy gehoor.  

Behandeling 

Honde ervaar nie tipies enige gehoorverliesverwante angs nie en pas aansienlik makliker as mense aan. Jy kan egter steeds sekere tegnieke toepas om jou hond met gehoorverlies te akkommodeer. 

• Onthou dat jy jou hond teen moontlike besering moet beskerm as hy nie verkeer of ander gevaar kan hoor nie. Hou hom veilig agter ‘n heining of hek en hou hom altyd aan ‘n leiband as jy die perseel verlaat. 
• Gebruik oogkontak, gesigsuitdrukkings en handgebare om met jou hond te kommunikeer. Honde kan baie vinnig handgebare aanleer, en jy kan hierdie gebare inspan om hom te versoek om te sit, te bly, te lê, of jou te volg. 
 • Gebruik visuele wenke (seine), soos ‘n flitslig, om jou hond se aandag te verkry, en volg dan met ‘n visuele opdrag op. Vibrasies is ook al aangewend om ‘n hond se aandag te verkry. 
• Moenie jou hond van agter af benader nie, veral nie wanneer hy slaap nie. Plaas jou hand voor sy neus en laat hom aan jou ruik voordat jy aan hom raak. Waak daarteen om jou hond te laat skrik, aangesien dit tot vreesagtige of aggressiewe gedrag mag lei.  
• Dit is raadsaam om jou hond met ‘n mikroskyfie te laat toerus, en op sy naamplaatjie te laat spesifiseer dat hy aan gehoorverlies ly. Daar bestaan ook halsbande met die bewoording ‘Ek is doof’ daarop gedruk, wat werklik ‘n goeie manier is om ander in kennis te stel dat jou hond nie kan hoor nie. 

Gehoortoestel 

Ongelukkig is enige doofheid by geboorte onomkeerbaar. Hoewel chirurgie somtyds gehoor kan verbeter, word dit gewoonlik beperk tot patologië wat met die middelste of buitenste deel van die oor verband hou. Gehoortoestelle en kogleêre inplantings is beskikbaar vir honde; die eerste gehoorapparaat vir honde is in 1987 getoets. 

Ongelukkig is hierdie toestelle duur en nie altyd prakties nie, omdat nie alle honde so ‘n toestel kan verdra nie. Indien jy vermoed dat jou beste vriend moontlik aan geheueverlies ly, is die eerste stap om ‘n afspraak vir ‘n volledige veeartsondersoek te maak. Indien geen oorsaak van tydelike gehoorverlies opgespoor word nie, kan ‘n formele gehoorevaluering (ouditiewe-breinstamresponstoets) uitgevoer word om die tipe en graad van gehoorverlies te bepaal. 

Bespreek ‘n plan van aksie met jou veearts sodra jy die uitslae ontvang het. Jy is dit aan jou hond verskuldig. 

Geskryf deur : Dr. Alida Naudé (oudioloog)
Lebone Medical Supplies (Pty) Ltd t/a Amtronix Diagnostics 
22 Oktober 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier