BVG_Logo
BEAN 20/09 5080 54,00
CORN 20/09 2182,4 23,40
SOYA 20/09 5781 10,00
SUNS 20/09 5481 30,00
WEAT 20/09 4687 0,00
WMAZ 20/09 2874,8 42,80
YMAZ 20/09 2735 39,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Droogtewenke: Rek só jou weiding
Groot hoeveelhede goedkoop rumateriaal is nou nodig om die tekort aan weiding in groot dele van die land aan te vul. Wat staan boere te doen?
Deur: .06 Februarie 2019 3150 keer gelees
A. Antwoord
Foto’s en TV-beeldmateriaal van beeste wat wankelrig in die veld deur ’n driffie strompel op soek na kos, is erg betreurenswaardig, sê die veevoerkenner prof. HO de Waal van die Universiteit van die Vrystaat.  

“Ek het die afgelope vier dekades verskeie kleiner en groter droogtes beleef. In die huidige opset ondervind ons nie noodwendig altyd ’n watertekort op die veld nie, maar die opvolgende hittegolwe verdor die oorblywende weiding en dus benutbare plantmateriaal. 

"Dit is tragies, maar vir talle veeboere wat nie betyds voorkomingsmaatreëls teen die droogte getref het nie, is die skrif aan die muur.” Volgens De Waal is suikerriet en doringlose turksvye voorbeelde van plante wat in die heersende droogtetoestande die swak weidingsituasie in groot dele van die sentrale binneland met behulp van molasse en ureum kan aanvul. 

Enige ruvoer, soos gebaalde veldhooi en oesreste, kan ook goed gebruik word. Turksvye as voerbron vir vee word egter steeds as ’n minderwaardige gewas beskou, sê De Waal. Turksvyblaaie kan vars of gedroog deur vee benut word, maar die hoë waterinhoud van vars blaaie bemoeilik hantering, vervoer en verwerking ( Kassie ). Vars blaaie kan nie lank in hope opgeberg word nie omdat dit vrot. Dan sal dit as siektebron boorde besmet. 

De Waal sê die afgelope somer is baie soortgelyk aan die vorige paar jare. Sedert Desember het vee in talle gebiede waar die droogte nog nie behoorlik gebreek is nie, dag ná dag agteruitgegaan, terwyl voorspellings daarop dui dat noemenswaardige reën dalk eers in Februarie – of selfs later – verwag kan word.  

Hier is aanbevelings om diere aan die lewe te hou en nie onnodige energie in ekstensiewe toestande te vermors op soek na weiding nie:  

Beskerm die kernteelkudde. Dit is die vroulike diere wat ná die droogte weer ’n inkomste moet verseker. 

Gebruik aanvullende voeding op die veld strategies, waar dit enigsins nog moontlik is. 

Verminder die getal diere wat van die voerbronne op die plaas afhanklik is. Bemark surplusdiere of verwyder hulle tydelik van die veld en hou hulle in ’n kraal of op aangeplante weiding. 

Beperk diere se beweging en plaas hulle in klein kampies met koeltebome of ander beskutting. Sodoende is daar beter beheer oor die hoeveelheid voer wat die diere daagliks kry. 

Verseker dat alle diere deurgaans toegang het tot genoeg, skoon drinkwater. 

Skei die sterker en swakker diere om mededinging by die voerbakke te verminder. 

Voorkom dat veral beeste vanweë swak voeding verhonger, verswak en gaan lê voordat hulle gevoer word. 

Moenie diere ad lib oor lang tye probeer voer nie. Rantsoeneer voer volgens verlangde produksievlakke, soos oorlewing, onderhoud of laktasie. \

Moenie voer op die grond strooi nie. Gebruik voerbakke of ou voertuigbuitebande. 

Verskaf gerantsoeneerde hoeveelhede voer elke tweede of derde dag. Sodoende kry die meeste diere genoeg kos om darem dik te vreet. 

Verhoog die kans op oorlewing van vee op droogtegeteisterde veld deur hulle toegang te gee tot ongemaalde hooi in lang vorm. Die doel met die lang hooi is om die spoed te vertraag waarmee voedingsmateriaal deur die grootpens beweeg, verduidelik hy. Droë gras wat nog langs paaie of op uitvalgrond gesny kan word, koringstrooi, suikerriet, ander oesreste of selfs fluitjiesriet sal daarvoor deug. 

Bestuur jou kernkudde só 

Groepeer kuddes volgens ouderdom en produksiestatus. Bepaal die dragtigheid van vroulike diere so gou moontlik ná die dektyd. Bulle moet nie langer as einde Februarie by die koeie loop nie. By skape en bokke kan ooie geskandeer word om meerlingstatus te bepaal sodat hul rantsoene (veral hoeveelhede gevoer) daarvoor aangepas kan word. 

Let op die reproduksierekord en speengewig van vroulike diere se nageslag. In elke ouderdomsgroep is daar minder produktiewe diere wat beslis uitgeskot kan word. 

Benewens dragtigheid moet die toestand van die teeldiere se tande ook bepaal word, veral by ouer koeie en ooie. Dragtige koeie moet minstens nog ná die volgende kalftyd en speentyd van die kalf nog goed kan wei. Slytbekke kan wel hul produksietyd in krale voltooi, maar dit sal teen ’n prys (voer benodig) geskied. 

Stel ’n inventaris van beskikbare veld en ander voerbronne op en bepaal gereeld hoeveel diere aangehou kan word tot ná die begin van die volgende somer. 

Beperk jou verliese. Verdere uitgawes moet teen die verwagte inkomste op kort tot mediumtermyn verdiskonteer word. 

Waak daarteen om jonger teeldiere te verkoop omdat hulle nou in ’n goeie kondisie en dragtig is en jy ’n premieprys kan beding. 

Kry jou veearts se raad om die doseer- en inentingsprogram aan te pas. 

Algemene wenke 

Boere se omstandighede verskil. Raadpleeg ’n kundige met raad oor strategiese beplanning. Indien daar min weiding op die veld is, sal lekke ook nie meer help nie. Dikwels word te groot hoeveelhede aanvullende voeding, dit is afgesien van rantsoene, in sulke toestande op die veld gegee. Oordeel vroegtydig wanneer om diere van die veld te verwyder en strategies in kleiner kampies te voer.  

Op padreserwes is dalk nog plantmateriaal om te sny en te baal. Tydens droogtes kan boere nie té kieskeurig wees oor die gehalte van voerbronne wat ’n verskil tussen lewe en dood vir diere kan beteken nie. Indien laegraadse ruvoer, soos veldgrashooi, oesreste of turksvyblare, beskikbaar is, kan dierevoedingkundiges dit as vertrekpunt gebruik om ’n rantsoen te formuleer wat in diere se minimum behoeftes kan voorsien.  

Die vertrekpunt vir herkouers is groot hoeveelhede ruvoer, hetsy op die veld of in die krip. Grofgemaalde ruvoer is ekonomieser as die ongemaalde vorm. Verhoog die energie-inhoud met ’n geskikte voerbron, soos gemaalde mielies, en balanseer dit met ’n geskikte ruproteïenbron. 

Balanseer die inname van minerale volgens diere se behoefte. Beperk die daaglikse inname van sout (NaCl) by skape van 5 g tot 10 g en by beeste van 50 g tot 60 g. Volgens De Waal moet boere hul vee eerder ná ligte reënbuie in krale versorg totdat die karige groen opslag ná die droogte herstel het. Blaarryke graspolle is baie skaars op sulke veld. 

“Vee verspil energie om groen grasbotsels na te loop en die inname van sappige materiaal met ’n hoë waterinhoud maak die diere se pense los met tipiese nat mis. Die vinniger deurvloei van klein hoeveelhede sappige plantmateriaal deur die dermkanaal is in sulke toestande nadelig vir herkouers.” 

Hy sê voerkorrels is ’n goeie, hoewel betreklik duur voerbron. Wanneer sulke voerkorrels voluit gevoer word, is dit meestal ’n volledige rantsoen. Wanneer duur voerkorrels as ’n aanvullende voerbron in droogtes gebruik word, moet die vee gerantsoeneer word. 

“Onthou, die goeie ruvoer word in die fabriek betreklik fyn gemaal om die voerkorrels te vorm. Die fyner ruvoer beteken diere hoef minder te herkou en gevolglik is die spoed waarteen die voerkorrels deur die grootpens en dermkanaal beweeg, aansienlik vinniger. Die gevolg is dat die benutting van die voer ook ondoeltreffender is omdat die vesel korter aan vertering – fermentasie deur mikrobes in die grootpens – blootgestel word.”  

Wenke vir voer met turksvye 

Moenie die beeste injaag in die turksvyboorde nie. Die beeste saai taamlik verwoesting aan die plante. Snoei liewer self die turksvyblare en kerf dit in repe vir die beeste. Fyn dorings maak nie saak nie. Dit is nie harder as sommige van die bossies waaraan die beeste vreet nie. Die skape kan wel in die boorde gejaag word om die vrugte wat droog geword en afgeval het, te vreet. As jy die vrugte verpulp, moenie enige water bysit nie. Voer die pulp net so skoon. Jonger blare het ‘n hoër proteïenwaarde as ouer blare.

Klik hier om meer te lees oor hoe jy turksvye as voer kan gebruik.


Navrae: Prof. HO de Waal, e-pos dewaalHO@ufs.ac.za, sel 083 645 8958. 
06 Februarie 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier