BVG_Logo
BEAN 01/03 7611,15 0,00
CORN 01/03 3194,5 0,00
SOYA 01/03 8925 105,00
SUNS 01/03 9700 128,00
WEAT 01/03 5225 57,00
WMAZ 01/03 3230 26,00
YMAZ 01/03 3350 30,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 26/02 16744 -0,01
Beeste A2/3 26/02 4988 0,02
Beeste AB2/3 26/02 4952 -0,02
Beeste B2/3 26/02 4708 0,00
Beeste C2/3 26/02 4509 -0,02
Ewes (Goats) 26/02 3647 0,22
Feeder Lamb 26/02 3982 -0,05
Kids (under 30kg) 26/02 5470 0,00
Large (above 40kg) 26/02 3529 0,03
Medium (30-40kg) 26/02 4142 -0,07
Pluimvee (Bevrore) 26/02 2718 0,00
Pluimvee (Vars) 26/02 2590 0,00
Pluimvee IQF 26/02 2514 0,04
Skaap A2/3 26/02 8168 0,02
Skaap AB2/3 26/02 7462 0,03
Skaap B2/3 26/02 6750 0,03
Skaap C2/3 26/02 6631 0,02
Speenkalf 26/02 3841 0,03
Spekvarke 26/02 2945 0,00
Varkwors 26/02 2380 0,00
Vleisvarke 26/02 3151 0,10
V: Garssaad en korogsaad as voer vir perde en donkies
Ek kan garssaad en/of korogsaad (ook goed vir plant) kry as voer. Is dit geskik om net so vir donkies te voer of moet dit eers fyner gemaal word? Ek verstaan garssaad is redelik hard en dalk te hard vir donkies en perde.
Deur: .05 Februarie 2021 150 keer gelees
A. Antwoord
Kleingrane soos gars- en korogsaad kan as ‘n alternatiewe energiebron tot mielies gebruik word. Die beskikbare energie van kleingrane is wel laer as die van mielies, maar proteïen en vesel is gewoonlik hoër. 

Gevolglik moet die prys per eenheid energie die gebruik daarvan bo mielies regverdig. Hiermee ‘n tabel wat die energiewaarde (TVV: totale verteerbare voedingstof), ruproteïen en ruvesel van energiebronne vergelyk: Dit is duidelik in die tabel dat korogsaad en voergars se voedingswaarde baie naby aanmekaar is – gebruik die een of die ander, mits prys per eenheid energie dit regverdig. 

 Ek sal versigtig wees om energiebronne net so vir perde of donkies te voer. Meng dit eerder met ruvoer en voer beperkend. Dit is altyd beter om die graan te maal veral vir perde en donkies, omdat hulle nie soos ‘n bees of skaap kan herkou nie. 

Hiermee ‘n aanvulling vir volwasse perde en donkies wat matige werk doen: 400 kg gemaalde voergars of korogsaad 
350 kg gemaalde grashooi 
120 kg Voermol Melassemeel (V1995)…….vir smaak en bind stowwerige voer 
100 kg Voermol Procon 33 (V12701)………voorsien natuurlike proteïen asook minerale, spoorminerale en vitamien A 
10 kg voerkalk……balanseer die kalsium en fosfor verhouding 

Voer die bogenoemde mengsel teen 0.5% liggaamsmassa per dag. 

Geskryf deur dr. Josef van Wyngaard, Tegniese Bestuurder, Voermolvoere (Josef.vanWyngaard@tongaat.com)
05 Februarie 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier