BVG_Logo
BEAN 01/03 7611,15 0,00
CORN 01/03 3194,5 0,00
SOYA 01/03 8930 110,00
SUNS 01/03 9697 125,00
WEAT 01/03 5226 58,00
WMAZ 01/03 3236 32,00
YMAZ 01/03 3355 35,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 26/02 16744 -0,01
Beeste A2/3 26/02 4988 0,02
Beeste AB2/3 26/02 4952 -0,02
Beeste B2/3 26/02 4708 0,00
Beeste C2/3 26/02 4509 -0,02
Ewes (Goats) 26/02 3647 0,22
Feeder Lamb 26/02 3982 -0,05
Kids (under 30kg) 26/02 5470 0,00
Large (above 40kg) 26/02 3529 0,03
Medium (30-40kg) 26/02 4142 -0,07
Pluimvee (Bevrore) 26/02 2718 0,00
Pluimvee (Vars) 26/02 2590 0,00
Pluimvee IQF 26/02 2514 0,04
Skaap A2/3 26/02 8168 0,02
Skaap AB2/3 26/02 7462 0,03
Skaap B2/3 26/02 6750 0,03
Skaap C2/3 26/02 6631 0,02
Speenkalf 26/02 3841 0,03
Spekvarke 26/02 2945 0,00
Varkwors 26/02 2380 0,00
Vleisvarke 26/02 3151 0,10
V: 'Green snap' of stambreek by mielies
Sommige boere in die Vrystaat het weens hoë reënval probleme met ‘green snap’, waar mielies 500mm van bo af eenvoudig net afbreek. Wat staan boere te doen?
Deur: .05 Februarie 2021 211 keer gelees
A. Antwoord
Stambreek (‘green snap’) en hoë reënval gaan hand aan hand end it is dus nie verbasend dat dit hierdie seisoen met sy hoë reenval voorkom nie. Stambreek kom tipies voor tydens die vegetatiewe groeistadium maar kan enige stadium voorkom vanaf groeistadium V5 tot V18 (vyf tot 18 blare ontvou waarvan die kraag sigbaar is). 

Algemene voorkoms is tydens die V5-V8 groeistadium en tydens die V12-R1 stadium (sowat twee weke voor saadstadium). Plante wat tydens die V5-V8 stadium breek, breek op die grondoppervlakte af. Hierdie plante kan nie herstel nie en geen opbrengs sal deur hulle gelewer word nie. Spruite kan wel in sekere gevalle uit die wortelbasisse ontwikkel en in geringe gevalle mag die spruite koppe grootmaak. 

Winde en veral rukwinde is hoofsaaklik verantwoordelik vir die afbreek van die stamme. Daarom sal gesien word dat gebreekte plante of stamme in een rigting lê. Stambreek kom óók algemeen net voor saadstadium of tydens bestuiwing voor. ’n Mielieplant verdubbel gewoonlik in grootte elke sewe dae. 

Op die heuphoogtestadium gaan die mielieplant oor in ’n versnelde groeifase. Hiertydens vergroot die wortelstelsel dramaties en die plant se water- en voedingsopname neem dienooreenkomstig toe om aan die snelgroeiende plant se behoeftes te voldoen. Tydens koel, vogtige en nat toestande neem die mielieplant baie water op, wat die turgordruk binne in die selle verhoog. 

 Die internodes verleng baie vinnig, met die selwande wat dan nie sterk genoeg is nie, omdat min lignien neergelê word. Selwande is baie swak en dit verhoog die risiko van stambreek. Winde tydens die oggend veroorsaak meer skade as storms laat in die dag, wanneer plante ietwat “verlep” of minder turgordruk het en meer elasties is. 

Selfs plante wat ietwat meegee by die wortelbasisse vertoon minder stambreek as die wat baie stewig geanker is. Die voorkoms van stambreek kan wissel van minimaal tot baie erg. Onthou dat plante wat afgebreek het dadelik die oog vang omdat die afgebreekte dele verdroog. 

Dit lyk altyd erger as wat dit werklik is. Soos die plant ouer raak en lignien neergelê word, verminder die risiko van stambreek. Daarom sal dit selde voorkom nadat koppe reeds gevorm het. 

Chemiese middels 
Indien daar sekere soorte chemise middels toegedien word, kan dit ook die voorkoms van stambreek verhoog. Voorbeelde van sulke produkte is 2,4D en Dicamba. Toediening van hierdie middels het die gevolg dat plante vinniger abnormale seldeling ondergaan, wat die plant meer geneig maak tot stambreek. Stambreek word dan gekenmerk deur die feit dat die plante presies op die nodes afbreek. 

Bemesting 
Hoë vlakke van stikstof kan bydra tot stambreek, veral wanneer plante se groeitoestande inlyn is met hoë opbrengste. 

Plantpopulasie 
Hoe hoër die plantestand, hoe hoër is die voorkoms van stambreek. Die rede hiervoor is dat plante meer onderling kompeteer vir voedingstowwe, water en son.  Dit lei daartoe dat plante hoër sal uitgroei met gevolglike dunner stamdiktes. Sodoende word swakker stamme verkry. 

 Genetika 
 Sekere genetiese groepe kan meer onderhewig wees aan stambreek. Plante met ’n meer regop blaargroeiwyse kan dalk minder stambreek toon as plante uit die tipiese tropiese agtergrond. Daarom is dit altyd raadsaam om ’n pakket saamgestel uit meer as een baster aan te plant. 

 Skade 
 Die plek van afbreek bepaal die skade. As dit onder die kop is, sal daar geen opbrengs wees nie. Indien dit bo die kop afbreek, sal daar wel ’n opbrengs wees. In dié geval sal die res van die plant se blare die noodsaaklik funksie oorneem en plante sal steeds ‘n kop grootmaak. 

 Plante het verder die vermoë om te kan kompenseer wanneer meer sonlig ewe skielik die blaredak binnedring deur groter koppe of pitte of deur meer koppe te produseer in die geval van ‘n meerkoppige baster. 

Graanopbrengsverlies is daarom nie altyd in lyn met die hoeveelheid plante wat gebreek het nie. Die grootste verliese kom voor wanneer groot oppervlaktes plante breek, veral as rukwinde voorkom. 

Geantwoord deur Pieter Rademeyer, ’n landboukunde-bestuurder by Pannar.
05 Februarie 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier