BVG_Logo
BEAN 10/07 5597 0,00
CORN 10/07 2338 0,00
SOYA 10/07 6996 64,00
SUNS 10/07 5931,2 13,20
WEAT 10/07 5589 -62,00
WMAZ 10/07 2648 21,00
YMAZ 10/07 2742 15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 03/07 4383 -0,02
Beeste AB2/3 03/07 4301 -0,02
Beeste B2/3 03/07 4105 -0,05
Beeste C2/3 03/07 3864 0,00
Feeder Lamb 03/07 4129 -0,02
Kids (under 30kg) 03/07 3825 0,16
Large (above 40kg) 03/07 3231 0,40
Medium (30-40kg) 03/07 3745 -0,40
Pluimvee (Bevrore) 03/07 2439 0,00
Pluimvee (Vars) 03/07 2424 0,00
Pluimvee IQF 03/07 2308 0,00
She goats 03/07 3486 -0,14
Skaap A2/3 03/07 8247 -0,02
Skaap AB2/3 03/07 6379 -0,03
Skaap B2/3 03/07 5961 0,00
Skaap C2/3 03/07 6165 -0,05
Speenkalf 03/07 2868 0,03
Spekvarke 03/07 2250 -0,04
Varkwors 03/07 1663 -0,24
Vleisvarke 03/07 2358 -0,08
V: Hoe gemaak met eiendom na my pa se dood?
My pa is onlangs oorlede sonder ’n boedel. My ma wil hê die huis moet op my naam geplaas word omdat sy tans in die Noord-Kaap bly in ’n ander eiendom. Hoe werk die regsproses rondom die oordra van eiendom in ‘n situasie soos ons s’n?
Deur: .14 April 2020 1180 keer gelees
A. Antwoord
My pa is onlangs oorlede sonder ’n boedel. My ma wil hê die huis moet op my naam geplaas word omdat sy tans in die Noord-Kaap bly in ’n ander eiendom. Hoe werk die regsproses rondom die oordra van eiendom in ‘n situasie soos ons s’n? 

Die antwoord sal afhang van of jou ouers binne of buite gemeenskap van goedere getroud was. Indien hulle buite gemeenskap van goedere getroud was, en jou pa het sonder ’n testament gesterf, is die intestate-erfreg van toepassing en sal jou ma ’n kindsdeel (R250 000) van die boedel erf, en jy as kind die res.  

Indien jou ouers binne gemeenskap van goedere getroud was en jou pa sonder ’n testament gesterf het, behoort een halwe onverdeelde aandeel in die eiendom reeds aan jou ma. Jou pa se een halwe onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike boedel vererf dan ook ingevolge die intestate-erfreg. Jou ma sal ’n kindsdeel erf en jy as kind die res van die boedel. Met die afhandeling van die boedel kan jou ma ’n afstanddoening van haar erfenis uit die boedel onderteken en kan jou pa se gedeelte van die eindom op jou naam oorgedra word vanuit die boedel. Indien hulle binne gemeenskap van goedere getroud was, kan ’n koopooreenkoms tussen jou en jou ma gesluit word in terme waarvan haar halwe onverdeelde aandeel in die eiendom aan jou oorgedra word. 

Jou ma sal nie haar onverdeelde aandeel aan jou kan skenk nie, want skenkingsbelasting van 20% sal dan van toepassing wees. Die prosedures is ingewikkeld en jy sal n prokureur moet raadpleeg om jou met hierdie aspek te help. 

*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
14 April 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier