BVG_Logo
BEAN 21/02 4977 0,00
CORN 21/02 2255,4 -9,60
SOYA 21/02 5905 10,00
SUNS 21/02 5300 83,00
WEAT 21/02 4747 10,00
WMAZ 21/02 2659 6,00
YMAZ 21/02 2548 -30,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 21/02 4638 0,00
Beeste AB2/3 21/02 4512 -0,02
Beeste B2/3 21/02 4200 0,00
Beeste C2/3 21/02 4009 0,00
Feeder Lamb 21/02 3333 0,00
Goats < 30kg 03/01 4210 0,00
Goats > 45kg 03/01 3971 0,00
Goats 30-45kg 03/01 3771 0,00
Goats Ewes 03/01 3296 0,00
Pluimvee (Bevrore) 21/02 2696 -0,04
Pluimvee (Vars) 21/02 2705 0,11
Pluimvee IQF 21/02 2416 0,08
Skaap A2/3 21/02 7217 0,01
Skaap AB2/3 21/02 5644 -0,05
Skaap B2/3 21/02 5502 0,04
Skaap C2/3 21/02 5154 -0,02
Speenkalf 21/02 3146 0,10
Spekvarke 21/02 2475 0,00
Varkwors 21/02 1865 0,00
Vleisvarke 21/02 2607 0,08
V: Hoe gemaak om kweekgras in ‘n granaatboord te beheer?
Ek is 'n granaatboer noord-oos van Pretoria. Ek is op soek na 'n onkruiddoder waarmee ek kweekgras tussen en om my granaatbome kan uitroei. Dit is belangrik dat die onkruidddoder nie die granaatbome benadeel nie.
Deur: .24 April 2018 921 keer gelees
A. Antwoord
Onkruiddoders moet as plantdoders beskou word sodat die risiko vir beskadiging van die gewas, en nie alleenlik onkruidbeheer, oorweging kan geniet. Volkome beheer van kweekgras (Cynodon dactylon) kan ten beste met ‘n sistemiese onkruiddoder bereik word wat na opname deur loof (blare en stingels) dwarsdeur die plantsisteem beweeg en die teikenplant “wortel en tak” uitroei. Alternatiewelik, kan ‘n kontak-onkruiddoder gebruik word wat net die loof waarmee dit in aanraking kom sal dood. Gevolglik sal hergroei van ondergrondse plantdele (stolons en risome in die geval van kweekgras) spoedig volg.

'n Granaatboom het ’n relatief dun bas op stamme wat beskerm moet word teen kontak met enige onkruiddoder, ongeag of die onkruiddoder sistemiese of kontak-werking het. Glifosaat is ’n sistemiese onkruiddoder en parakwat is ‘n kontak-onkruiddoder. Beide glifosaat en parakwat het die vermoë om kweekgras goed te beheer. In enige vrugteboord moet daarteen gewaak word dat die gewas nie blootgestel word aan ’n onkruiddoder(s) wat in die grondomgewing aktief is en deur gewaswortels opgeneem kan word nie. Beide glifosaat en parakwat het min tot geen aktiwiteit in die grondomgewing nie. Granaatbome, en dan veral jong boompies, kan deur glifosaat en parakwat beskadig word indien spuitdruppels met enige bogrondse dele van die gewas in aanraking sou kom. Toediening van produkte wat enige van hierdie twee onkruiddoders bevat moet dus met groot omsigtigheid in enige vrugteboord plaasvind.

Kweekgras kan ‘n uitstekende binder (stabiliseerder) van grond wees om gronderosie deur wind en water te keer. Hoewel hierdie‘n belangrike onkruid is, onderdruk dit ander onkruide wat nog meer ongewens is. Omdat dit wyd as grasperksoort aangeplant word kan dit vir dieselfde eienskappe wat dit vir daardie toepassing gesog maak, in boorde benut word. Dit is veral die geval in goed-gevestigde boorde waar die kweekgras nie noemenswaardig met die goed gevestigde (of diep gewortelde) gewas behoort mee te ding vir water, lig en voedingselemente nie.

Die bostaande moet nie as aanbeveling van onkruiddoderprodukte beskou word nie. Kontak die plaaslike verskaffer(s) van onkruiddoderprodukte vir nadere advies oor die keuse van produk en maniere waarop dit ten beste aangewend moet word.

Dr Charlie Reinhardt is buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die universiteite van Pretoria en Stellenbosch. Hy kan gekontak word by tel 083 442 3427 en/of dr.charlie.reinhardt@gmail.com.
14 Junie 2018
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier