BVG_Logo
BEAN 19/02 4973 0,00
CORN 19/02 2246,2 -9,80
SOYA 19/02 5920 -20,00
SUNS 19/02 5208 -17,00
WEAT 19/02 4720 -27,00
WMAZ 19/02 2745 -50,00
YMAZ 19/02 2570 -62,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 14/02 4631 -0,04
Beeste AB2/3 14/02 4472 -0,02
Beeste B2/3 14/02 4193 -0,02
Beeste C2/3 14/02 4001 0,00
Feeder Lamb 14/02 3317 -0,03
Goats < 30kg 03/01 4210 0,00
Goats > 45kg 03/01 3971 0,00
Goats 30-45kg 03/01 3771 0,00
Goats Ewes 03/01 3296 0,00
Pluimvee (Bevrore) 14/02 2667 -0,08
Pluimvee (Vars) 14/02 2802 -0,04
Pluimvee IQF 14/02 2454 -0,04
Skaap A2/3 14/02 7291 -0,03
Skaap AB2/3 14/02 5505 0,04
Skaap B2/3 14/02 5593 0,02
Skaap C2/3 14/02 5124 0,08
Speenkalf 14/02 3256 0,03
Spekvarke 14/02 2479 0,04
Varkwors 14/02 1869 0,00
Vleisvarke 14/02 2668 0,00
V: Hoekom kan grond nie onderverdeel word nie?
Ons het ‘n plaas van sowat 43 ha gekoop. Met die koop van die plaas is ons nie ingelig dat die plaas nie onderverdeel mag word nie. Ons het steeds aansoek gedoen vir onderverdeling en die aansoek is afgekeur.

Sowat 2km vanaf ons plaas is daar egter ‘n plaas wat onderverdeel is. Ons redenasie is dat daar ‘n presedent geskep is. Waarom weier die raad ons? Ons wil ook weet wat die volgende stap is wat ons kan neem om die situasie te beredder?
Deur: Cornelius Kok27 Augustus 2019 637 keer gelees
A. Antwoord
Die onderverdeling van landbougrond is nie iets wat ‘n eienaar of koper as vanselfsprekend of sy reg kan aanvaar nie. Die wet op Onderverdeling van Landbougrond (Wet 70 van 1970) reguleer die onverdeling van landbougrond. 

‘n Aansoek vir onderverdeling word deur ‘n landmeter voorberei en aan die staat voorgelê. Die aansoeker moet sy aansoek motiveer, van die oorwegings wat die department in ag neem is of die oorblywende gedeelte steeds ‘n ekonomiese landbou-eenheid sal uitmaak waarop suksesvol geboer kan word. 

Die department is gekant teen die versnippering van landbougrond wat lei tot onekonomiese landbou-eenhede. Indien die aansoek goedgekeur word, reik hy ‘n permit vir onderverdeling uit. Sonder só ‘n permit kan geen landbougrond onderverdeel word nie. 

U kan nie op die presedent staatmaak dat daar elders in die omgewing onderverdelings goedgekeur is nie. Elke aansoek word op sy eie meriete oorweeg. Die volgende stap is om ‘n landmeter oor u voorgenome aansoek te spreek om met die proses behulpsaam te wees.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
27 Augustus 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier