BVG_Logo
BEAN 10/07 5597 0,00
CORN 10/07 2338 0,00
SOYA 10/07 6996 64,00
SUNS 10/07 5931,2 13,20
WEAT 10/07 5589 -62,00
WMAZ 10/07 2648 21,00
YMAZ 10/07 2742 15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 03/07 4383 -0,02
Beeste AB2/3 03/07 4301 -0,02
Beeste B2/3 03/07 4105 -0,05
Beeste C2/3 03/07 3864 0,00
Feeder Lamb 03/07 4129 -0,02
Kids (under 30kg) 03/07 3825 0,16
Large (above 40kg) 03/07 3231 0,40
Medium (30-40kg) 03/07 3745 -0,40
Pluimvee (Bevrore) 03/07 2439 0,00
Pluimvee (Vars) 03/07 2424 0,00
Pluimvee IQF 03/07 2308 0,00
She goats 03/07 3486 -0,14
Skaap A2/3 03/07 8247 -0,02
Skaap AB2/3 03/07 6379 -0,03
Skaap B2/3 03/07 5961 0,00
Skaap C2/3 03/07 6165 -0,05
Speenkalf 03/07 2868 0,03
Spekvarke 03/07 2250 -0,04
Varkwors 03/07 1663 -0,24
Vleisvarke 03/07 2358 -0,08
V: Hoendermis as droogtevoer vir herkouers
Is dit nadelig is om hoendermis met ander veevoer te meng as voer vir herkouers in die droogte? Ons kan hoendermis by ’n ander boer kry, maar ons weet nie of dit ’n risiko kan wees vir siektes of bemarkingsvereistes nie. Ons skuldlas is hoog en ons wil nie die boerdery benadeel nie.
Deur: .25 Junie 2020 237 keer gelees
A. Antwoord
Hoendermis word reeds lank vir beeste, skape en bokke gevoer, ondanks die bepalings van Wet 36 van 1947. Duisende tonne hoendermis word na bewering jaarliks aan herkouers gevoer. Daar rus dus ’n verpligting op voedingkundiges om te voorkom dat die onkundige gebruik van hoendermis tot groot verliese lei. 

Hierdie uiteensetting is bedoel as ’n waarskuwing en voorsorgmaatreël. Wat is hoendermis? Dit is ekskreta (onverteerde vaste stowwe) van hoenders. Omdat die mis en urine in voëls gesamentlik deur die kloaka uitgeskei word, bevat hoendermis ook die eindproduk van stikstofmetabolisme, naamlik urinesuur. 

Anders as by beeste, skape, bokke en varke is die uitskeiding van stikstof deur die niere by hoenders hoofsaaklik in die vorm van urinesuur pleks van ureum. Twee soorte hoendermis word kommersieel as afvalproduk gelewer, naamlik lêhenmis (layers) en kuikenhokafval (broilers). Vanweë die spesifieke produksiestelsel, maar ook ander faktore, wissel die samestelling van albei soorte hoendermis aansienlik. 

Lêhenmis is die ekskreta (mis en urine) van lêhenne wat onder hul hokke op die vloer beland saam met wisselende hoeveelhede voer wat gemors word. Die ekskreta van lêhenne bevat hoë vlakke kalsium wat in ag geneem moet word. 

Afhangende van die tyd wat die lêhenmis op die vloer lê voordat dit verwyder word, word heelwat urinesuur reeds mikrobies afgebreek (vervlugtig) en gaan die stikstof as ammoniak verlore. Kuikenhokafval is die ekskreta (mis en urine) van braaikuikens wat tydens die voerperiode van sowat agt weke in die hokke op plantaardige afvalmateriaal (hooi, doppe of skaafsels) versamel. 

Die vog in die ekskreta word deur die afvalmateriaal op die vloer absorbeer, maar dit verdun ook die ekskreta en die kuikenhokafval se stikstofinhoud is dus heelwat minder as die van lêhenmis. In albei soorte hoendermis word stikstof mikrobies na ammoniak afgebreek, wat die slymvliese van hoenders se lugweë irriteer. 

Daarom moet hoenderhokke altyd goed belug word sonder om trekke te veroorsaak. Die urinesuur in hoendermis is ’n goeie bron van nie-proteïenstikstof vir herkouers. Die mikrobiese afbreek van ureum en urinesuur lewer ammoniak wat deur rumenmikrobes vir de novo sintese van aminosure gebruik word. Die tempo waarteen rumenmikrobes urinesuur in die retikulorumen na ammoniak afbreek, is egter baie stadiger as vir ureum. 

Daarom is die gevaar van ammoniakvergiftiging vanaf hoendermis relatief klein vir herkouers, self wanneer redelik groot hoeveelhede hoendermis gevreet word. Heelwat vrektes kan onder herkouers veroorsaak word deur die gebruik van hoendermis as ’n voerbron. 

Dit kan gebeur wanneer hoendermis aan herkouers gevoer word sonder dat hulle spesifiek teen lamsiekte geënt is. Dit kan ’n groot hoeveelheid vrektes veroorsaak. Hoë vlakke van koper, spesifiek in kuikenhokafval, hou ook ’n groot gevaar vir skape in. 

Oor tyd bou die koper passief op in skape se lewer en tydens ’n toestand van erge spanning kan die koper skielik vrygestel word en akute kopervergiftiging veroorsaak. Veeboere moet besef dat hoendermisop eie verantwoordelikheid aan herkouers gevoer word. 

*Geantwoord deur prof. HO de Waal, ’n veevoerkenner van die Universiteit van die Vrystaat.
25 Junie 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier