BVG_Logo
BEAN 10/07 5597 0,00
CORN 10/07 2338 0,00
SOYA 10/07 6996 64,00
SUNS 10/07 5931,2 13,20
WEAT 10/07 5589 -62,00
WMAZ 10/07 2648 21,00
YMAZ 10/07 2742 15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 03/07 4383 -0,02
Beeste AB2/3 03/07 4301 -0,02
Beeste B2/3 03/07 4105 -0,05
Beeste C2/3 03/07 3864 0,00
Feeder Lamb 03/07 4129 -0,02
Kids (under 30kg) 03/07 3825 0,16
Large (above 40kg) 03/07 3231 0,40
Medium (30-40kg) 03/07 3745 -0,40
Pluimvee (Bevrore) 03/07 2439 0,00
Pluimvee (Vars) 03/07 2424 0,00
Pluimvee IQF 03/07 2308 0,00
She goats 03/07 3486 -0,14
Skaap A2/3 03/07 8247 -0,02
Skaap AB2/3 03/07 6379 -0,03
Skaap B2/3 03/07 5961 0,00
Skaap C2/3 03/07 6165 -0,05
Speenkalf 03/07 2868 0,03
Spekvarke 03/07 2250 -0,04
Varkwors 03/07 1663 -0,24
Vleisvarke 03/07 2358 -0,08
V: Hominy chop en koringsemels in voerkraalrantsoene
Hoe word hominy chop en koringsemels in voerkraalrantsoene gebruik?
Deur: .25 Junie 2020 228 keer gelees
A. Antwoord
Hominy Chop (HC) word algemeen gebruik as energiebron in die meeste voerkrale in Suid Africa. HC is ‘n goeie bron van energie en kan mielies algeheel in voerkraalrantsoene vervang.  

HC is ‘n neweproduk uit die produksie van mieliemeel vir menslike gebruik. HC is ‘n kombinasie van die semel en die kiem in mielies.  

Die grootste voordeel van die gebruik van HC is dat dit nie gemaal hoef te word nie waar mielies, as ‘n reël gemaal moet word. 

Die grootste nadele met die gebruik van HC is die variasie in samestelling (vog is dikwels hoog) en dit kan nie vir lang periodes gestoor word nie. Hier onder is tipiese voerkraalrantsoene met die gebruik van HC en mieliegruis.

 

 

Kg

Kg

Voermol SB 100 (V4498)

150

150

Hominy chop (HC)

700

-

Mieliegruis

-

650

Hooi gemaal

80

100

Totaal

930

900

 

Koringsemels (KS) 
Koringsemels (KS) is ‘n neweproduk uit die maal van koring. KS is ‘n goeie bron van energie (sowat 85% die van mielies) en bevat sowat 15% proteïen. 

KS is baie smaaklik en ‘n populêre bestanddeel in aanvangsrantsoene vir ligte kalwers. In ‘n voerkraal rantsoen kan tot 150kg van die mieliegruis of HC met KS vervang word. 

*Geantwoord deur mnr. Ulrich Müller, tegniese bestuurder van Voermol Voere.
25 Junie 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier