BVG_Logo
BEAN 20/09 5080 54,00
CORN 20/09 2182,4 23,40
SOYA 20/09 5781 10,00
SUNS 20/09 5481 30,00
WEAT 20/09 4687 0,00
WMAZ 20/09 2874,8 42,80
YMAZ 20/09 2735 39,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Hond lek lippe aanhoudend
My hond lek aanhoudend haar lippe. Kan dit ‘n senuweeprobleem wees?
Deur: .06 Augustus 2019 708 keer gelees
A. Antwoord
Maak seker dat daar nie iets in die bek of op die tande is wat die hond irriteer nie, soos 'n stuk been of kos wat iewers vassit. Lek van lippe kan 'n teken van angstigheid wees - dit staan ook bekend as verplasingsgedrag (iets wat mens (of hond) doen wanneer jy ongemaklik is en nie weet presies wat om te doen nie). 

Dit wys dat die hond nie heeltemal gelukkig met die omstandighede is nie. Dit is dus nodig om die situasie mooi te ontleed en te bepaal wat in daardie omstandighede gebeur om die hond ongemaklik te maak - is daar iets wat die hond bang of ongemaklik laat voel? 

Sulke honde wys soms ook ander tekens van angstigheid, soos stert tussen die bene, bewerigheid en oë knip. As dit vir 'n lang tyd aanhou, sonder iets wat tot angs aanleiding kan gee, kan dit direk aan die senuweestelsel gekoppel wees, bv. 'n soort epilepsie en dan is dit beter om veearts toe te gaan vir 'n deeglike ondersoek. 

Geskryf deur: Dr Quixi Sonntag (BVSc)(Hons)PGCHE 
Lektor: Etiologie, Welsyn, Voeding, Gedragsmedisyne Gemeenskapbetrokkenheid 
Fakulteit Veeartsenykunde 
Universiteit van Pretoria
06 Augustus 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier