BVG_Logo
BEAN 10/07 5597 0,00
CORN 10/07 2338 0,00
SOYA 10/07 6996 64,00
SUNS 10/07 5931,2 13,20
WEAT 10/07 5589 -62,00
WMAZ 10/07 2648 21,00
YMAZ 10/07 2742 15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 03/07 4383 -0,02
Beeste AB2/3 03/07 4301 -0,02
Beeste B2/3 03/07 4105 -0,05
Beeste C2/3 03/07 3864 0,00
Feeder Lamb 03/07 4129 -0,02
Kids (under 30kg) 03/07 3825 0,16
Large (above 40kg) 03/07 3231 0,40
Medium (30-40kg) 03/07 3745 -0,40
Pluimvee (Bevrore) 03/07 2439 0,00
Pluimvee (Vars) 03/07 2424 0,00
Pluimvee IQF 03/07 2308 0,00
She goats 03/07 3486 -0,14
Skaap A2/3 03/07 8247 -0,02
Skaap AB2/3 03/07 6379 -0,03
Skaap B2/3 03/07 5961 0,00
Skaap C2/3 03/07 6165 -0,05
Speenkalf 03/07 2868 0,03
Spekvarke 03/07 2250 -0,04
Varkwors 03/07 1663 -0,24
Vleisvarke 03/07 2358 -0,08
V: Hooi behandel met Voermol LS 33
Ek het ‘n paar keer op die internet raakgelees dat hooi of weiding behandel kan word met verdunde Voermol LS33, wat dan die voedingswaarde en smaaklikheid van die hooi of weiding verhoog. Ek het ‘n paar skaap ooie op ‘n plot wat omtrent 20 hektaar weiding het, wat hoofsaaklik uit oulandsgras bestaan. Die skape word in die aand op kraal gesit om diefstal te voorkom. Ek gee hulle gebaalde tefgras wat met die Voermol LS 33 behandel is as hulle kraal toe kom vir die aand. Anders as die behandelde hooi kry die skape geen ander aanvullings of lekke op die oomblik nie omdat ek bang is vir ureum-vergiftiging. My vrae is as volg: Met hoeveel word die voedingswaarde verhoog? Is dit slegs voldoende vir onderhoud van skape of is dit voldoende vir dragtige en lakterende ooie onder die omstandighede wat ek hierbo genoem het? Kan ek gedeeltelik lusern of sojahooi saam met die behandelde hooi meng om die proteïenvlakke te verhoog indien die LS33 behandelde hooi nie voldoende is nie? Kan ander konsentrate of lekke saam met die behandelde gras gegee word of is dit beter om die LS33 heeltemal te los en oor te skakel na iets anders?
Deur: .19 Junie 2020 306 keer gelees
A. Antwoord
Hiermee my antwoorde en aanbeveling: 

• Voermol LS 33 (V2678) is ‘n proteïenaanvulling. Die LS staan vir Liquid Supplement. 
• Voermol LS 33 bevat 33% proteïen en 9.7% ureum. 
• Meng Voermol LS 33 met gelyke dele water en spuit of giet oor lae kwaliteit hooi of weiding. Dosis: 1l van verdunde oplossing per 10kg hooi. 
• Indien volgens voorskrif aangewend, sal dit nie-produserende diere op onderhoud hou. 
• ‘n Verder voordeel van hierdie aanwending is om vermorsing van die hooi te beperk. 
• Vir dragtige en lakterende ooie sal bg. aanwending nie voldoende wees nie. Gebruik hier liewer van ons Maxiwol-produkte. Besoek gerus www.voermol.co.za vir meer inligting.

Mnr. Ulrich Müller is tegniese bestuurder van Voermol Voere.
19 Junie 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier