BVG_Logo
BEAN 15/04 7455 -19,00
CORN 15/04 3337 0,00
SOYA 15/04 7000 -76,00
SUNS 15/04 8065 -144,00
WEAT 15/04 4801 -25,00
WMAZ 15/04 3111,4 -28,60
YMAZ 15/04 3268 -32,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 09/04 16103 0,00
Beeste A2/3 09/04 5174 0,00
Beeste AB2/3 09/04 5029 -0,02
Beeste B2/3 09/04 4711 -0,02
Beeste C2/3 09/04 4389 0,00
Ewes (Goats) 09/04 3532 0,34
Feeder Lamb 09/04 3995 -0,08
Kids (under 30kg) 09/04 4636 0,13
Large (above 40kg) 09/04 3194 0,50
Medium (30-40kg) 09/04 4258 0,02
Pluimvee (Bevrore) 09/04 2751 -0,04
Pluimvee (Vars) 09/04 2686 -0,04
Pluimvee IQF 09/04 2607 -0,04
Skaap A2/3 09/04 8342 -0,02
Skaap AB2/3 09/04 7268 0,00
Skaap B2/3 09/04 6654 -0,03
Skaap C2/3 09/04 6497 0,03
Speenkalf 09/04 3686 0,00
Spekvarke 09/04 2913 0,00
Varkwors 09/04 2356 -0,13
Vleisvarke 09/04 3104 0,00
V: Is testament ongeldig as diegene wat erf hom teken?

‘n Egpaar het in 1999 besluit om te skei. Die vrou mag aangebly het tot die skeisaak afgehandel was. Die skikking is 2001 gefinaliseer en uitgevoer. Die man het die huis gekry en die kinders het by hom gebly. Sy het haar gedeelte van die skikking gekry, getrek en later weer getrou. Die man het sy twee seuns grootgemaak tot hulle die huis verlaat het.

In 2017 het die pa besluit om ‘n nuwe testament op te stel waar hy beveel dat die twee seuns alles van hom moet erf na sy afsterwe. Die testament word deur die pa en twee seuns geteken. Die ma word nêrens genoem nie. Die ma het ná die egskeiding min of geen kontak meer met haar gewese man of kinders gehad nie.

In 2021 word die pa siek en hy sterf. Die een seun is in Amerika en ander in Suid-Afrika – albei nou volwassenes. Die seuns kom ooreen dat die een in Suid-Afrika alle dokumente vir die boedel bymekaar moet kry en na n prokureur neem. Min wetende dat dié prokureur en die seuns se ma vriende is en daar dus botsende belange is.

Tydens ‘n volgende besoek aan die prokureur sê die persoon aan hom dat daar ’n testament in 2000 by bank geteken is wat aandui dat die ma alles erf.

Nou kom die vrae: Het sy die reg op die erfgoed? Die prokureur sê dat die testament wat deur sy pa en die twee seuns opgestel was, ongeldig is omrede die twee seuns as getuie geteken is, en nie deur ’n onafhanklike nie? Met die egskeidingsbevel het sy alles gekry waarvoor sy gevra het. Mag sy nou aandring op enigiets? Wat kan ek aan die twee kinders sê sodat dat hulle dringend ‘n ander prokureur kry?

Deur: Jan Georg De Lange25 Maart 2021 272 keer gelees
A. Antwoord
Die aangeleenthied sentreer rondom die feit dat die testament deur die pa en sy twee seuns opgestel is en dat die twee seuns die testament as getuies geteken het tydens die ondertekeningsproses. 

Art 4A van die Wet op Testamente van 1953 bepaal dat die volgende persone, wat in die testament as erfgename aangestel is, nie ingevolge die testament mag erf nie: 

Iemand wat die testament as getuie geteken het; 
Iemand wat die testament uitgeskryf het; 
Die eggenote van so ’n persoon tydens die ondertekening van die testament. 

Hulle word gediskwalifiseer om ingevolge die testament te erf of enige voordeel uit die testament te ontvang. In hierdie omstandighede word die twee seuns duidelik gediskwalifiseer om enige voordeel of erfenis uit die testament te ontvang. 

 ‘n Vorige geldig-opgestelde testament kan dan deur die Meester van die Hooggeregshof as die geldende testament aanvaar word en die boedel kan ingevolge die bepalings van so ’n testament beredder word.

Butch van Blerk is direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
30 Maart 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier