BVG_Logo
BEAN 19/10 4806,6 5,60
CORN 19/10 2111 10,00
SOYA 19/10 4631 21,00
SUNS 19/10 5030 36,00
WEAT 19/10 4368 3,00
WMAZ 19/10 2378 4,00
YMAZ 19/10 2391 -4,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 15/10 4568 0,02
Beeste AB2/3 15/10 4431 1,01
Beeste B2/3 15/10 4137 0,12
Beeste C2/3 15/10 3978 0,03
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 15/10 4100 -2,50
Bokooie 15/10 2850 -1,79
Goats - kids (below 45kg) 15/10 4550 -1,11
Pluimvee (Bevrore) 15/10 2553 0,66
Pluimvee (Vars) 15/10 2580 1,00
Pluimvee IQF 15/10 2326 0,13
Skaap A2/3 15/10 7632 0,53
Skaap AB2/3 15/10 6893 -1,97
Skaap B2/3 15/10 6583 0,96
Skaap C2/3 15/10 6154 -5,14
Skaap Feeder Lamb 15/10 4350 -2,35
Speenkalf 15/10 3128 0,16
Spekvarke 15/10 2540 -0,95
Varkwors 15/10 1797 -0,28
Vleisvarke 15/10 2662 -0,80
V: Huurders verdwyn sonder om te betaal
Eiendom word via 'n eiendomsagent uitverhuur. Huurders het versuim om die huur te betaal vir Oktober 2017. Huur en elektrisiteitsrekening agterstallig. Huurders is gekontak en daar is deur die agentskap ooreengekom dat hulle 'n dubbele paaiement einde November 2017 sal betaal. Huurders het die eiendom teen 1 Desember 2017 ontruim sonder enige betaling.

Daar is in die kontrak verskaf deur agentskap 'n klousule wat aanspraak maak op meubels van die huurder indien hul versuim om te betaal. Die huurders het egter ontruim voor die agent in kennis gestel is. Wat is die verhuurder se regte in die verband?
Deur: .25 Januarie 2018 886 keer gelees
A. Antwoord
Die verwysing na die aanspraak op die huurder se meubels, word in regstaal na verwys as die verhuurder se hipoteek. Dit beteken dat alle roerende goed in die eiendom wat verhuur word onderhewig is aan die verhuurder se hipoteek. 

Indien huurgelde nie betaal word nie, kan die huurder daarvoor gedagvaar word. Met die betekening van die dagvaarding op die huurder maak die balju 'n lys van die huurder se roerende goed binne die eiendom. Die goedere wat op die lys verskyn is dan onderhewig aan beslaglegging en die verhuurder se hipoteek. Die goedere mag nie deur die huurder uit die eiendom verwyder word voordat die huurgeld nie ten volle betaal is nie. 

Indien 'n dagvaarding vir uitstaande huurgelde nog nie deur die hof uitgereik is en op die huurder beteken is nie, is die verhuurder se hipoteek nog nie in werking nie. Indien die huurder voordat hy 'n dagvaarding ontvang die goedere uit die eiendom verwyder, verval die verhuurder se hipoteek en het die verhuurder slegs 'n normale siviele aksie teen die huurder vir die uitstaande huurgelde.

Geskryf op 15 Desember 2017.
14 Junie 2018
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier