BVG_Logo
BEAN 09/04 7590 64,00
CORN 09/04 3210 0,00
SOYA 09/04 7175 107,00
SUNS 09/04 8490 136,00
WEAT 09/04 4870 10,00
WMAZ 09/04 3140 48,00
YMAZ 09/04 3300 41,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 02/04 16103 0,00
Beeste A2/3 02/04 5170 -0,04
Beeste AB2/3 02/04 4975 0,00
Beeste B2/3 02/04 4673 0,02
Beeste C2/3 02/04 4378 0,02
Ewes (Goats) 02/04 3999 -0,03
Feeder Lamb 02/04 3865 -0,03
Kids (under 30kg) 02/04 4932 0,08
Large (above 40kg) 02/04 3800 -0,13
Medium (30-40kg) 02/04 4292 -0,02
Pluimvee (Bevrore) 02/04 2734 0,00
Pluimvee (Vars) 02/04 2669 -0,04
Pluimvee IQF 02/04 2588 0,00
Skaap A2/3 02/04 8168 -0,01
Skaap AB2/3 02/04 7287 -0,03
Skaap B2/3 02/04 6511 0,05
Skaap C2/3 02/04 6612 -0,03
Speenkalf 02/04 3704 0,00
Spekvarke 02/04 2906 -0,07
Varkwors 02/04 2290 0,04
Vleisvarke 02/04 3098 -0,06
V: Inligting oor Oulandsgras
Ek is ’n jong boer van Lydenburg, Mpumalanga. Ek oorweeg dit om weiding aan te plant wat gebaal en gestoor kan word, asook om te verkoop. Kan u my asseblief meer vertel van oulandsgras bv. prys van goeie saad en goeie kultivar? Ook die prys van bale wanneer ek dié verkoop? Watter seisoen kan ek saai? Kan ek dit op droëland doen met ’n gemiddelde reënval van 700-800mm (somerreënvalgebied)? Hoeveel snysels kan ek in ’n seisoen afhaal en hoe lank is ’n seisoen?
Deur: .01 Maart 2021 471 keer gelees
A. Antwoord
Een van die groot redes vir die gewildheid van die gras is sy aanpasbaarheid by ’n wye reeks klimaats- en grondtoestande in Suid-Afrika. Die gras kan in gebiede met ’n reënval tot so laag as 500 mm geplant word, maar dit word algemeen aanbeveel vir dele met ’n reënval van meer as 650 mm. 

Dit sal dus goed doen met 700-800mm. Kultivars wat tans in Suid-Afrika geregistreer is, is Ermelo, Agpal en PUK 436. Die Ermelo-kultivar word as die tipiese hooigewas beskou, terwyl Agpal en PUK 436 hoër produksie en langer groeiperiodes kan voorsien. 

Produksie en bemesting 
Wat betref die vraag oor hoeveel snysels per seisoen, dit moet duidelik verstaan word dat grondtipe, bemesting, reënval en bestuur ’n groot invloed op produksie het. 

 Navorsing oor die invloed van reënval op produksie, is by die Nooitgedacht-Navorsingstasie (Ermelo), naby Lydenburg, gedoen. Volgens die navorsingsresultate is die minimum Stikstof-peil (N) wat toegedien moet word, in die orde van 80 kg N/ha. 

Hoër N-peile het natuurlik hoër produksIe tot gevolg. Byvoorbeeld met gemiddeld 100 kg N/ha toegedien, kan gemiddeld 6,2 t/ha hooi verwag word. Met ’n toediening van 200 kg N/ha 8,6 t/ha en met 300 kg N/ha 10,5 t/ha. Soos in baie ander grasse se geval sal die ekonomie tot ’n groot mate die N-peil bepaal. 

Met ’n reënval van 1 000 mm per jaar kan produksie so hoog as 16 tot 20 t/ha gaan. ’n Toediening van 100 kg/ha N (stikstof) beteken 360 kg/ha KAN (28% N) Die invloed van Fosfaat- (P) en Kalium (K)-bemesting is ook duidelik in hierdie navorsing aangedui. ’n Algemene riglyn is om 1 kg P/ha toe te dien vir elke 10 kg N wat toegedien word. 

Fosfor/Fosfaat (P) 
Ernstige P- en K-tekorte moet voor vestiging reggestel word, volgens grondontledings. Die volgende ontledings, van die laboratorium, kan as riglyn gebruik word: 20 mg/kg P, in die grond, is nodig om 12+ t/ha gras te produseer. 20-30 mg/kg vir hoër grasproduksies en peulgewasse. 

In kleigronde is 5 kg P/ha nodig om die bogrond met 1 mg/kg te laat toeneem, terwyl 6,5 kg P/ha in sandgrond nodig is. Kalium (K) 120 mg/kg K, in die grond, is nodig om ongeveer 12 t/ha gras te produseer. 150 mg/kg K om ongeveer 16 t/ha gras te produseer. 

Om die K-inhoud van die grond met 1 mg/kg te laat toeneem, is sowat 2 kg K/ha nodig. Die prys van saad en hooi word ook deur baie faktore beïnvloed. Op die oomblik is die prys van Oulandsgras-saad R180-00/kg (R220-00 BTW ingesluit). In omgewings met hoë reënval is 5-7 kg/ha saad nodig, in rye geplant, en breedwerpig 6-8 kg/ha. 

Die prys van hooi word drasties deur omgewingsfaktore beïnvloed. In Desember 2020 was die pryse tussen R450 en R550 per baal. Bale met ’n gemiddelde massa van 350 kg. 

 Ek wil net noem dat heelwat meer detail nodig is vir goeie produksie: Byvoorbeeld saadbed voorbereiding, korrekte bemesting op die spesifieke grond, asook hooiproduksie-tegnieke. 

Geantwoord deur prof. Chris Dannhauser, ’n onafhanklike veld-enweidingsbestuurspesialis.
01 Maart 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier