V: Is daar omstandighede waar lewensreg verval?
My ma en stiefpa was binne gemeenskap van goedere getroud en het ’n eiendom gekoop en afbetaal. Hulle het die eiendom in 2009 op my naam gesit en vir hulle lewensreg gegee. Hulle is intussen geskei en weer getroud maar hierdie keer buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasklousules.
Hulle het tans weer huweliksprobleme en my stiefpa het uitgetrek uit die huis waar hy lewensreg het. Is daar enige moontlikheid dat die lewensreg op die eiendom kan verval?
As hulle besluit om weer te skei, moet ek die huis verkoop en vir hom ’n gedeelte daarvan gee of hoef ek nie die huis te verkoop nie? My ma is tans afhanklik van hom en sy kry net ‘n pensioen terwyl hy ‘n vaste werk het.
Hulle het tans weer huweliksprobleme en my stiefpa het uitgetrek uit die huis waar hy lewensreg het. Is daar enige moontlikheid dat die lewensreg op die eiendom kan verval?
As hulle besluit om weer te skei, moet ek die huis verkoop en vir hom ’n gedeelte daarvan gee of hoef ek nie die huis te verkoop nie? My ma is tans afhanklik van hom en sy kry net ‘n pensioen terwyl hy ‘n vaste werk het.
Deur: .24 November 2020
456 keer gelees
A. Antwoord
’n Lewensreg of persoonlike serwituut kan drie vorme aanneem. Dit is vruggebruik, gebruiksreg of bewoningsreg. Omdat so ’n reg hoogs persoonlik is, en ’n persoon in sy of haar persoonlike hoedanigheidheid toekom, is dit onoordraagbaar.
24 November 2020
Dit kan dus nie aan ’n ander persoon oorgedra word nie.
Die lewensreg waarná jy verwys, geld indien dit ten gunste van jou ma en stiefpa geregistreer is, vir die res van hulle lewe. Hulle is daarop geregtig om in die eiendom te bly. Persoonlike serwitute kan egter wel vir tydelike periodes geregistreer word (byvoorbeeld vir ’n periode van 10 jaar), maar jy sal die registrasiedokumente moet nagaan om te kyk of dit die geval is.
Anders verval so ’n lewensreg slegs wanneer die persoon te sterwe kom.
Enige houer van so ’n reg kan egter wel gedurende sy leeftyd daarvan afstand doen. Ontruim enige so persoon wat oor die lewensreg beskik die eiendom, verval sy of haar lewensreg. ’n Egskeiding tussen die partye affekteer nie jou regte as eienaar nie en jy kan nie gedwing word om die eiendom te verkoop nie en /of uitbetalings aan hulle te doen nie. Indien hulle die eiendom vrywillig ontruim, is hulle ook outomaties nie op vergoeding geregtig nie.
Geantwoord deur mnr. Butch van Blerk, ’n direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf in Bellville.
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier