BVG_Logo
BEAN 28/02 4960 0,00
CORN 28/02 2232 0,00
SOYA 28/02 6130 135,00
SUNS 28/02 5341 81,00
WEAT 28/02 4861 31,00
WMAZ 28/02 2528 -55,00
YMAZ 28/02 2442 -15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 21/02 4638 0,00
Beeste AB2/3 21/02 4512 -0,02
Beeste B2/3 21/02 4200 0,00
Beeste C2/3 21/02 4009 0,00
Feeder Lamb 21/02 3333 0,00
Goats < 30kg 03/01 4210 0,00
Goats > 45kg 03/01 3971 0,00
Goats 30-45kg 03/01 3771 0,00
Goats Ewes 03/01 3296 0,00
Pluimvee (Bevrore) 21/02 2696 -0,04
Pluimvee (Vars) 21/02 2705 0,11
Pluimvee IQF 21/02 2416 0,08
Skaap A2/3 21/02 7217 0,01
Skaap AB2/3 21/02 5644 -0,05
Skaap B2/3 21/02 5502 0,04
Skaap C2/3 21/02 5154 -0,02
Speenkalf 21/02 3146 0,10
Spekvarke 21/02 2475 0,00
Varkwors 21/02 1865 0,00
Vleisvarke 21/02 2607 0,08
V: Januariebos neem toe: Hoe keer ons?

Januariebos neem toe naby Boshoff in Noordwes. Moet die bos chemies bestry word?

Deur: .28 Januarie 2020 451 keer gelees
A. Antwoord
Januariebos (Gnidia polycephala) word tipies op vlaktes en voorskootveld aangetref en verkies kalkerige en sanderige grond. ’n Kenmerkende aspek van die plant is dat die bas in lang repe skeur wanneer ’n mens probeer om ’n takkie af te breek. 

Die bloeiwyses is aan die einde van takke met geel, buisvormige blomme. Die plant is onsmaaklik en giftig indien gevreet word in die blomstadium. Vergiftiging kom veral voor in droogtetye wanneer weiding skaars is. Die giftigheid van die plant verskil na gelang van streek en tyd van die jaar. 

Vergiftiging veroorsaak erge diarree, lusteloosheid, vinnige asemhaling en is soms lewensgevaarlik. Nadoodse ondersoeke toon opvallende ontsteking van die dermkanaal en die melkpens, sowel as swelling van die longe en lewer. Dit is ook ’n indringer op sandveld en uiters bestand teen droogte. Dit is soms die enigste plant wat in droogtetye blom en die plante vermeerder in uitgetrapte veld.  

Die plant beskik oor ’n sterk penwortel wat water vanuit die grondprofiel, dieper as grasse, kon onttrek en vandaar die beter kans op oorlewing. Dié vermoë om grondwater te onttrek het meegebring dat die bossie steeds kan oorleef en self groei, terwyl grasse met ’n vlakker wortelstelsel meer sensitief vir droogtes is. 

Dit lei daartoe dat die bossie selfs kan vermeerder in droë omstandighede, teenoor graspolle wat waarskynlik sal doodgaan. Indien normale en bo-normale reënvaljare volg, kan grasse met die regte weiveldbestuur die Januariebos tot ’n groot mate verplaas. Die klem is egter op regte weiveldbestuur, wat lang rusperiodes insluit. Nog ’n rede vir die toename van Januariebos kan wanbestuur of oorbeweiding wees. 

Die verkeerde veldbestuursbenadering moet oor lang periodes strek om die plantegroeisamestelling te verander, maar om dit reg te stel, gaan nóg langer neem. Dit word aanbeveel om nie iets drasties, soos chemiese beheer, toe te pas om van Januariebos ontslae te raak nie. Bestuur dit eerder oor ’n lang periode uit. Hou ook in gedagte dat dit in sekere omgewings deel van die weiding-ekosisteem se samestelling is, so moet dit nie totaal en al probeer uitroei nie. Om dit uit te kap, gaan baie arbeidsintensief wees.

Geantwoord deur prof. Hennie Snyman en dr. Mias van der Westhuizen. 

Prof. Hennie Snyman is ’n afgetrede weidingkundige wat voorheen verbonde was aan die departement vee-, wild- en weidingkunde van die Universiteit van die Vrystaat. Dr. Mias van der Westhuizen is ’n weidingkundige verbonde aan die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling.
19 Februarie 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier