BVG_Logo
BEAN 28/02 4960 0,00
CORN 28/02 2232 0,00
SOYA 28/02 6130 135,00
SUNS 28/02 5341 81,00
WEAT 28/02 4861 31,00
WMAZ 28/02 2528 -55,00
YMAZ 28/02 2442 -15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 21/02 4638 0,00
Beeste AB2/3 21/02 4512 -0,02
Beeste B2/3 21/02 4200 0,00
Beeste C2/3 21/02 4009 0,00
Feeder Lamb 21/02 3333 0,00
Goats < 30kg 03/01 4210 0,00
Goats > 45kg 03/01 3971 0,00
Goats 30-45kg 03/01 3771 0,00
Goats Ewes 03/01 3296 0,00
Pluimvee (Bevrore) 21/02 2696 -0,04
Pluimvee (Vars) 21/02 2705 0,11
Pluimvee IQF 21/02 2416 0,08
Skaap A2/3 21/02 7217 0,01
Skaap AB2/3 21/02 5644 -0,05
Skaap B2/3 21/02 5502 0,04
Skaap C2/3 21/02 5154 -0,02
Speenkalf 21/02 3146 0,10
Spekvarke 21/02 2475 0,00
Varkwors 21/02 1865 0,00
Vleisvarke 21/02 2607 0,08
V: Jarelange serwituutpad summier gesluit
Ek en my vrou woon op ’n familieplaas in Noordwes. Ons serwituutpad loop deur verskei boere se plase. Dit is al baie jare die geval. My 60-jarige vrou is op hierdie plaas gebore en haar oorlede pa het ook op dié plaas gewoon. Die serwituutpad loop vanaf die grondpad tussen een boer se lande en deur ’n spruit en vleigrond na die plaashuis waar ons woon. Daar was jare lank ook ’n alternatiewe pad wat deur ’n paar boere se grond geloop het. Die pad is nou totaal afgekamp en bestaan dus prakties gesproke nie meer nie. Sover my kennis strek is die pad ook deel van die groter serwituutpad wat by ons huis verby gaan.
Indien dit baie op die plaas reën, vloei die water soms oor die brug en kan ons nie deur die spruit ry nie. In sulke gevalle het ons die alternatiewe roete gebruik om by die huis te kom. Omdat die ander boere die pad toegespan het, is dit ’n tyd lank nie gebruik nie. Hulle voer aan die pad was nie gebruik nie en dat hulle dus die reg het om die pad te sluit.
Wanneer dit baie gereën het, het die spruit gereeld oor die brug gevloei en het dit veroorsaak dat my vrou nie by haar werk kon uitkom nie.
Wat kan ons doen om hierdie situasie te beredder?
Deur: .28 Januarie 2020 467 keer gelees
A. Antwoord
Indien die pad, of paaie indien dit meer as een pad is, deur inwoners van die plaas vir ’n periode van 30 jaar of langer gebruik word, beskik die plaas oor ’n serwituut van reg van weg oor die betrokke grond waaroor die serwituutpad, of paaie, strek.  

Indien die pad, of paaie, toegespan is, en jou reg van weg van jou ontneem is, is die besit van jou reg van weg versteur en sal jy geregtig wees om die hof te nader om aansoek te doen vir ’n spoliasiebevel om jou besit van die reg van weg te herstel. Jy het ook die opsie om by ’n hof aansoek te doen vir ’n bevel om ’n serwituut van reg van weg oor die dienende grond ten gunste van jou grond in die aktekantoor te registreer. 

Jou reg van weg kan nie goedsmoeds en onregmatig deur die eienaars van die grond waaroor u serwituutpad strek, van jou ontneem word nie.

*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
28 Januarie 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier