BVG_Logo
BEAN 19/02 4973 0,00
CORN 19/02 2246,2 -9,80
SOYA 19/02 5920 -20,00
SUNS 19/02 5208 -17,00
WEAT 19/02 4720 -27,00
WMAZ 19/02 2745 -50,00
YMAZ 19/02 2570 -62,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 14/02 4631 -0,04
Beeste AB2/3 14/02 4472 -0,02
Beeste B2/3 14/02 4193 -0,02
Beeste C2/3 14/02 4001 0,00
Feeder Lamb 14/02 3317 -0,03
Goats < 30kg 03/01 4210 0,00
Goats > 45kg 03/01 3971 0,00
Goats 30-45kg 03/01 3771 0,00
Goats Ewes 03/01 3296 0,00
Pluimvee (Bevrore) 14/02 2667 -0,08
Pluimvee (Vars) 14/02 2802 -0,04
Pluimvee IQF 14/02 2454 -0,04
Skaap A2/3 14/02 7291 -0,03
Skaap AB2/3 14/02 5505 0,04
Skaap B2/3 14/02 5593 0,02
Skaap C2/3 14/02 5124 0,08
Speenkalf 14/02 3256 0,03
Spekvarke 14/02 2479 0,04
Varkwors 14/02 1869 0,00
Vleisvarke 14/02 2668 0,00
V: Kan ek erf gebaseer op ‘n verbale ooreenkoms?
Ek het 21 jaar saam met my oupa en ouma gebly. Hulle kinders het deur die jare almal Kaap toe verhuis. My oupa het vir ‘n familielid gesê dat as hy nie meer daar is nie, die huis myne sal word. Hy het dit egter nooit op papier gesit nie. Ek het ná my grootouers se dood die nodige dokumente vir die prokureurs gevat. Hulle sê egter as ek die huis wil hê moet ek die markwaarde van die eiendom betaal. Is dit korrek so?

Deur: .02 September 2019 658 keer gelees
A. Antwoord
Indien u oupa en ouma nie oor ‘n testament beskik het waarin die eiendom aan u bemaak word nie, vererf dit aan hulle intestate-erfgename volgens intestate-erfreg wat meestal hul kinders of kleinkinders sal wees. 

Indien ‘n testament nie direk bepaal dat u die eiendom erf nie, het u persoonlik geen aanspraak daarop dat die boedel die eiendom aan u oordra nie. In daardie opsig is die prokureur korrek deur aan te dui dat indien u die eiendom wil bekom, u dit van die boedel sal moet koop. 

Hierdie gebeure bevestig weer hoe belangrik dit vir erflaters is om ‘n geldige testament op te stel, sodat die bates aan die erfgename van hul keuse kan gaan. Sonder ‘n geldige testament beskik u oor geen regte om te erf nie, tensy u deel van die intestate-erfgename uitmaak. 

*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
02 September 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier