BVG_Logo
BEAN 09/07 5622 0,00
CORN 09/07 2299 0,00
SOYA 09/07 6936 -4,00
SUNS 09/07 5915 -36,00
WEAT 09/07 5649 -17,00
WMAZ 09/07 2628 19,00
YMAZ 09/07 2726 15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 03/07 4383 -0,02
Beeste AB2/3 03/07 4301 -0,02
Beeste B2/3 03/07 4105 -0,05
Beeste C2/3 03/07 3864 0,00
Feeder Lamb 03/07 4129 -0,02
Kids (under 30kg) 03/07 3825 0,16
Large (above 40kg) 03/07 3231 0,40
Medium (30-40kg) 03/07 3745 -0,40
Pluimvee (Bevrore) 03/07 2439 0,00
Pluimvee (Vars) 03/07 2424 0,00
Pluimvee IQF 03/07 2308 0,00
She goats 03/07 3486 -0,14
Skaap A2/3 03/07 8247 -0,02
Skaap AB2/3 03/07 6379 -0,03
Skaap B2/3 03/07 5961 0,00
Skaap C2/3 03/07 6165 -0,05
Speenkalf 03/07 2868 0,03
Spekvarke 03/07 2250 -0,04
Varkwors 03/07 1663 -0,24
Vleisvarke 03/07 2358 -0,08
V: Kan ek spanspekke onder besproeiing plant?
’n Leser vra: Ek is in die distrik Musina. Kan ek spanspekke onder spilpunt punt en gaan daar ’n probleem wees met vlekke op vrugte op nat grond?
Deur: .02 November 2018 1726 keer gelees
A. Antwoord
Die plant van spanspekke onder spilpunt of oorhoofse besproeiing word nie aanbeveel nie. Die groot rede hiervoor is dat spanspekke baie sensitief is vir blaarsiektes, veral donsige skimmel en proeieragte meeldou. 

Spanspekblare wat nat is, (as gevolg van oorhoofse besproeiing) sal swam siektes bevorder en ‘n geskikte omgewing vir die swamme skep om te leef en oorleef. Wat die vrug betref, spanspek is baie sensitief vir fusarium, wat deur nat toestande op die grond geaktiveer en vererger kan word.  

Meeste boere in die noordelike dele van Suid-Afrika plant spanspek onder drip besproeiing. Die gebruik van ‘n laag swart plastiek bo-op die rye sal die volgende voordele bied: Die vrugte bly skoon indien dit op die plastiek lê terwyl die drip besproeiing keer dat die grond buite die plastiek area nat is. 

Gevolglik kan vrugte bemark word sonder die die moeite om dit te was. Dít kan veral op rooi kleigronde ’n probleem wees. Die plastiek help ook met die onderdrukking van onkruid. 

Die ander voordeel is die besparing van besproeiingswater as gevolg van die verdamping van water wat beperk word. Die algemene praktyk is om 1m bree plastiek bo-op die walle te sit nadat die dripperlyn aangelê is. 

Die wydte van die strook in die ry is dan ongeveer 700mm, die res van die plastiek aan die kante word onder die grond ingedruk. 

*Renette Harmse is ’n tegniese adviseur by Nulandis.
02 November 2018
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier