BVG_Logo
BEAN 11/06 7707 -178,00
CORN 11/06 3711 -48,00
SOYA 11/06 7300 -31,00
SUNS 11/06 8390 -116,00
WEAT 11/06 5018 22,00
WMAZ 11/06 3250,4 -50,60
YMAZ 11/06 3395 -45,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 11/06 16228 -0,01
Beeste A2/3 11/06 5339 -0,02
Beeste AB2/3 11/06 5120 0,00
Beeste B2/3 11/06 4776 0,02
Beeste C2/3 11/06 4470 -0,04
Ewes (Goats) 11/06 4404 0,07
Feeder Lamb 11/06 4708 0,11
Kids (under 30kg) 11/06 6867 -0,15
Large (above 40kg) 11/06 4200 0,10
Medium (30-40kg) 11/06 6412 -0,44
Pluimvee (Bevrore) 11/06 2795 0,04
Pluimvee (Vars) 11/06 2725 0,04
Pluimvee IQF 11/06 2668 0,00
Skaap A2/3 11/06 9352 0,00
Skaap AB2/3 11/06 7912 -0,01
Skaap B2/3 11/06 7258 -0,03
Skaap C2/3 11/06 7071 -0,01
Speenkalf 11/06 3745 0,05
Spekvarke 11/06 2822 0,04
Varkwors 11/06 2315 -0,04
Vleisvarke 11/06 3000 0,00
V: Kan kamele gebruik word om kaktus-soorte te beheer?
Kaktus kom wyd voor oor my hele plaas. Wat sou die beste metode van bestryding wees sonder dat weiding gekontamineer word? Sou kamele ’n opsie wees om aan te hou – ek verneem die diere vreet die turksvye met dorings en al.
Deur: .23 Maart 2021 950 keer gelees
A. Antwoord
Kaktusplante, insluitend die turksvy (Opuntia ficus-indica), is tipies van doringagtige soorte plante wat oorspronklik afkomstig is uit die semi-ariede en woestyndele van die Suid-Amerikaanse kontinent. Die turksvy behoort tot die Cactaceae-familie. 

Die eetbare soorte onder hulle, waarvan die turksvy die bekendste is, het duisende jare gelede reeds oor die wêreld heen versprei. Die turksvy bestaan uit tot 90% water, en is hoog aan vitamiene A en C, asook suikers. Die stikstof- en proteïen-inhoud is egter aan die lae kant. 

Verskeie kaktussoorte het probleemstatus in Suid-Afrika bereik weens oormatige verdigting wat gewensde weiding verdring en toegang van mens en dier tot sulke besmette areas beperk. 

Benewens die gewone turksvy is ander voorbeelde: Cereus jamacara (nagblom), Harrisia jamacara (toukaktus), Opuntia aurantiaca (litjieskaktus), Opuntia imbricata (kabelturksvy). Kamele is van die diere wat kaktusplante kan vreet omdat hul monde spesiale aanpassing het om doringagte plantmateriaal te hanteer. 

Soos hierbo genoem is, is kaktusplante voedsaam en het dit hoë waterinhoud wat oorlewing in droogte kan beteken. Die kladodes (‘blare’ of ‘blaaie’) word aan vee gevoer in tye van droogte nadat die dorings afgebrand is. Proteïen-aanvulling behoort gedoen te word omdat kaktusplante se proteïen-inhoud laag is. 

Opuntia-soorte soos die turksvy is nie toksies as sulks nie, maar dit bevat hoë konsentrasies water-oplosbare oksaalsuur, wat die dood van mens en dier kan veroorsaak indien hoë hoeveelhede ingeneem word. Plante moet meer as 10% oksaalsuur op ’n droëmassa-basis bevat om skadelik vir mens en dier te wees. 

Ander plantsoorte met hoë oksaalsuur-inhoud sluit in Portulacaria afra (spekboom), Amaranthus-soorte (‘marog’), vygies en spinasie. Simptome van vergiftiging is maagpyn, vomering en verlamming van die senustelsel. Die woorde van die 16de eeuse wysgeer Paracelcus het hier betrekking: “Gif is in alles, niks is sonder gif nie; die verskil tussen voeding of geneesmiddel en gif is die dosis”. 

Diere, ingesluit kamele, sal vergiftig word indien hulle vir té lank aan té veel plantmateriaal met hoë oksaalsuur-inhoud blootgestel word. 

Prof. Charlie Reinhardt is verbonde aan die Noordwes-Universiteit en is navorsingsleier van die Suid-Afrikaanse inisiatief vir onkruiddoderweerstand (SAHRI) aan die Universiteit van Pretoria.
23 Maart 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier