V: Kan my skoonma uit haar huis gesit word - deur haar man se kinders?
My skoonma is buite gemeenskap van goedere getroud. Haar man is tans ernstig siek en in die hospitaal. Sy kinders het vir my skoonma gesê dat sy nie meer in die huis kan bly nie. Sy is ook sieklik en afhanklik van 24 uur sorg wat deur haar man gereël is. Wat is haar regte?
Deur: .09 Maart 2021
379 keer gelees
A. Antwoord
Dit is nie duidelik waar sy kinders die magte vandaan verkry om aan te dring dat u skoonma nie meer in die eiendom mag aanbly nie. Solank sy getroud is, sou sy in die eiendom kon aanbly.
09 Maart 2021
Dit mag ook wees dat haar man in sy testament met die eiendom handel wat duidelikheid sal verskaf oor haar regte indien hy te sterwe sou kom. Intussen blyk daar nie wettige gronde te bestaan om haar die eiendom te belet nie.
Butch van Blerk is direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier