BVG_Logo
BEAN 22/09 6945,4 62,40
CORN 22/09 3052,2 22,20
SOYA 22/09 7580 3,00
SUNS 22/09 9800 27,00
WEAT 22/09 5750 0,00
WMAZ 22/09 3178 10,00
YMAZ 22/09 3335 5,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 17/09 16716 -0,01
Beeste A2/3 17/09 5160 0,00
Beeste AB2/3 17/09 5097 0,02
Beeste B2/3 17/09 4890 0,00
Beeste C2/3 17/09 4450 0,00
Ewes (Goats) 17/09 4604 0,07
Feeder Lamb 17/09 4306 0,05
Kids (under 30kg) 17/09 6645 0,03
Large (above 40kg) 17/09 3863 0,05
Medium (30-40kg) 17/09 5265 0,09
Pluimvee (Bevrore) 17/09 2878 -0,03
Pluimvee (Vars) 17/09 2865 -0,03
Pluimvee IQF 17/09 2666 0,00
Skaap A2/3 17/09 8871 0,03
Skaap AB2/3 17/09 7827 0,01
Skaap B2/3 17/09 7334 0,03
Skaap C2/3 17/09 6903 0,06
Speenkalf 17/09 3811 0,00
Spekvarke 17/09 2554 0,00
Varkwors 17/09 2149 -0,05
Vleisvarke 17/09 2759 -0,11
V: Lek vir lammerooie
My lammerooie het daagliks toegang tot mieliereste en sojaboonreste. Is daar net een lek wat ek vir hulle kan gee?
Deur: .13 September 2021 158 keer gelees
A. Antwoord
Oesreste is ‘n uitstekende laekoste voerbron vir produserende diere. Elke tipe oesres het wel sy eie voedingrisiko en voedingstoftekorte. Suurpens is die grootste risiko by mieliereste en skuimopblaas is die grootste risiko by sojaboonreste. 

Voedingstoftekorte by mieliereste is ruproteïen en minerale, en by sojaboonreste is dit deurvloeiproteïen, energie en minerale. Verkieslik waar hierdie twee tipe oesreste apart bewei sou word, is Voermol Landelek (V15414) die voorkeur-lek vir mieliereste en Voermol Molovite (V7266) die voorkeur-lek vir sojaboonreste. 

Elkeen van hierdie lekke is spesifiek ontwikkel om onderskeidelike oesreste se risikos en tekorte aan te spreek teen ‘n inname van 200 g/skaap/dag. Waar mieliereste en sojaboonreste gelyk bewei word kan die volgende lekopsies oorweeg word: 

1 sak Voermol Landelek + 1 sak Voermol Molovite: voer teen 200 g/skaap/dag 

of:

200 kg Voermol SS200 (V8592) 
50 kg Voermol Procon 33 (V12701) 
200 kg gemaalde mielies 
50 kg sout 

Voer teen 250 tot 300 g/ooi/dag. Let wel, dit is van kardinale belang dat skape eers tot die oesreste aangepas moet word deur middel van beperkte weityd oor ‘n twee-week periode. Bogenoemde lekke word al tydens aanpassing gevoer.

Geantwoord deur dr. Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol Voere.
13 September 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier