BVG_Logo
BEAN 10/07 5597 0,00
CORN 10/07 2338 0,00
SOYA 10/07 6996 64,00
SUNS 10/07 5931,2 13,20
WEAT 10/07 5589 -62,00
WMAZ 10/07 2648 21,00
YMAZ 10/07 2742 15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 03/07 4383 -0,02
Beeste AB2/3 03/07 4301 -0,02
Beeste B2/3 03/07 4105 -0,05
Beeste C2/3 03/07 3864 0,00
Feeder Lamb 03/07 4129 -0,02
Kids (under 30kg) 03/07 3825 0,16
Large (above 40kg) 03/07 3231 0,40
Medium (30-40kg) 03/07 3745 -0,40
Pluimvee (Bevrore) 03/07 2439 0,00
Pluimvee (Vars) 03/07 2424 0,00
Pluimvee IQF 03/07 2308 0,00
She goats 03/07 3486 -0,14
Skaap A2/3 03/07 8247 -0,02
Skaap AB2/3 03/07 6379 -0,03
Skaap B2/3 03/07 5961 0,00
Skaap C2/3 03/07 6165 -0,05
Speenkalf 03/07 2868 0,03
Spekvarke 03/07 2250 -0,04
Varkwors 03/07 1663 -0,24
Vleisvarke 03/07 2358 -0,08
V: Mag ons dié pad op ons eiendom gebruik?
Ons het 15 jaar terug grond gekoop wat loop deur iemand anders se grond. Die gelysde pad waarmee ons in die verlede toegang gekry het tot ons grond loop deur ‘n rivier, maar weens ’n gesukkel met die pad wat bly wegspoel het die eienaar van die grond ‘n alternatiewe pad geskep wat nie deur die rivier loop nie.

Die nuwe pad gee toegang tot ons grond en twee nuwe grondeienaars wat by hom gekoop het. Die eienaar het ons laat weet dat ons die gelysde pad (wat nie meer bestaan nie) moet gebruik en die reg tot gebruik van die nuwe pad langs die rivier het hy net aan diegene gegee wat by hom gekoop het.

Ek glo hy sou nie die nuwe pad langs die rivier laat registreet het nie en net as ‘n privaat pad beskou het, maar met die verkope van die eiendomme het hy die gelysde pad (hoewel hy nie meer bestaan) gebruik vir eiendomregistrasie.

Dit gee my die idee dat hy ons wel die reg van gebruik van die nuwe pad kan weier en ons nou ‘n pad sal moet maak waar die ou pad was oor die rivier? Wat kan ek doen om toegang tot die nuwe pad langs die rivier te deel? Om met die eienaar te onderhandel of ‘n kontrak op te stel gaan nie werk nie.

Deur: .25 Junie 2020 239 keer gelees
A. Antwoord
Indien die ou gelyste pad soos u dit beskryf, reg van toegang tot u grond verleen het en die eienaar oor wie se grond die gelyste pad strek, die roete daarvan verander, mag hy dit slegs met u toestemming doen. U eiendom word beskou as die heersende eiendom en die eiendom waaroor die gelyste pad strek, word beskryf as die dienende eiendom. 

Dit blyk dat u, of uitdruklik, of by implikasie, toegestem het tot die gelyste pad se verlegging. Indien u in watter vorm ook al toegestem het tot die gebruik van die nuwe pad langs die rivier, wat die ou gelyste pad vervang, is u geregtig om die nuwe pad te gebruik en kan die grondeienaar van die dienende eiendom u nie verplig om weer die ou gelyste toegangspad te gebruik wat volgens u nie meer bestaan nie. U is ten volle daarop geregtig om die nuwe pad te gebruik as dit die gelyste pad vervang het.

*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
25 Junie 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier