BVG_Logo
BEAN 01/03 7611,15 0,00
CORN 01/03 3194,5 0,00
SOYA 01/03 8930 110,00
SUNS 01/03 9705 133,00
WEAT 01/03 5222 54,00
WMAZ 01/03 3235 31,00
YMAZ 01/03 3354 34,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 26/02 16744 -0,01
Beeste A2/3 26/02 4988 0,02
Beeste AB2/3 26/02 4952 -0,02
Beeste B2/3 26/02 4708 0,00
Beeste C2/3 26/02 4509 -0,02
Ewes (Goats) 26/02 3647 0,22
Feeder Lamb 26/02 3982 -0,05
Kids (under 30kg) 26/02 5470 0,00
Large (above 40kg) 26/02 3529 0,03
Medium (30-40kg) 26/02 4142 -0,07
Pluimvee (Bevrore) 26/02 2718 0,00
Pluimvee (Vars) 26/02 2590 0,00
Pluimvee IQF 26/02 2514 0,04
Skaap A2/3 26/02 8168 0,02
Skaap AB2/3 26/02 7462 0,03
Skaap B2/3 26/02 6750 0,03
Skaap C2/3 26/02 6631 0,02
Speenkalf 26/02 3841 0,03
Spekvarke 26/02 2945 0,00
Varkwors 26/02 2380 0,00
Vleisvarke 26/02 3151 0,10
V: Neusbloeding in honde
Ek het ‘n skaaphond wat se neus aanhoudend bloei, wat kan die oorsaak wees?
Deur: .05 Februarie 2021 168 keer gelees
A. Antwoord
In ’n studie deur Bissett et al wat in die Joernaal van die Amerikaanse Veterinêre Assosiasie verskyn het (Desember 2007), is 176 gevalle van honde met bloederige neuse geëvalueer om vas te stel wat die mees algemene oorsake van die bloeding was. 

In 115 van die gevalle is ’n definitiewe oorsaak gevind. 

• 30% het gewasse in die neus gehad; 
• 29% het beserings aan die neus gehad; 
• 17% het inflammasie van onbekende oorsprong gehad (idiopatiese rinitis)’ • 10% het lae bloedplaatjietelling gehad’ 
• 3% het abnormale bloedstolling gehad; 
• 2% het hoë bloeddruk gehad; 
• 2% het ’n tandabses gehad. 

Siektes en ander oorsake van neusbloeding (epistakse), sluit die volgende in: Ehrlichiose (bosluisbytkoors). Dit is die grootste oorsaak van neusbloeding in sekere dele van Suid-Afrika. Ander oorsake is swamsiektes, inname van rottegif, hemofilie, lewerversaking, grassade wat in die neus vassit. 

Daar kan dalk ook ander oorsake wees. Diegene wat probleme met neusbloeding by hulle honde waarneem moet die dier na ’n veearts neem vir ‘n deeglike ondersoek en verder toetse om die presiese oorsaak vas te stel. 

Geantwoord deur dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika.
05 Februarie 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier