V: Onttrekking uit vruggebruik
Indien my seun die erfgenaam van ons huis is, en ek vruggebruik het, hoe kan ek uit die vruggebruik onttrek? Die woning is reeds in sy naam geregistreer en ek woon nie meer daar nie maar is verantwoordelik vir die grondbelasting en kragrekening.
Deur: .20 Januarie 2021
240 keer gelees
A. Antwoord
Jy het die reg om enige tyd van jou vruggebruik afstand te doen. Vanaf jou afstanddoening beskik jy oor geen meer regte en verpligtings met betrekking tot die vruggebruik nie. Jou afstanddoening van die vruggebruik behoort in die Aktekantoor deur ’n aktebesorger /prokureur geregistreer te word, waarna die rekords sal aandui dat geen vruggebruik verder oor die eiendom geregistreer is nie.
20 Januarie 2021
*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier