V: Oordrag van huis waarvan ek die erfgenaam is
My pa is al 15 jaar gelede oorlede. My ma is sieklik. Ek, my vrou en kinders bly nou al tien jaar in die woning waarvan ek die erfgenaam is. Ek is die jongste van twee broers en een suster. Kan ek vroeër oordrag neem, aangesien my ma nooit die huis laat oordra het op haar naam nie?
Deur: .05 Januarie 2021
272 keer gelees
A. Antwoord
Die woning sal ingevolge erfreg eers aan u moeder oorgedra moet word. Die woning kan daarna aan u oorgedra word, maar dit sal dan nie ingevolge erfreg of by wyse van ‘n testament geskied nie.
U kan in hierdie geval die woning by u moeder koop en in u naam oordra.
05 Januarie 2021
Daar sal ‘n koopprys gelyk aan die markwaarde van die eiendom aan die transaksie gekoppel moet word. U sal die oordragskoste van die woning aan die oordragprokureur moet betaal. Hereregte sal ook moontlik aan die Ontvanger van Inkomste betaalbaar wees.
U en u moeder kan wel koopprys van die transaksie as ‘n leningsooreenkoms tussen die twee van julle konstrueer. U sal dan die koopprys plus rente aan haaar verskuldig wees. Sy kan wel die kooppprys plus rente in haar testament aan u bemaak, wat sal beteken dat wanneer sy te sterwe kom u nie die leningsbedrag aan haar boedel hoef terug te betaal nie.
Indien u wag om oordrag van die eiendom op u naam te kry wanneer sy te sterwe kom, is natuurlik niks van hierdie onkoste deur u betaalbaar nie. Die boedel betaal dan al die oordragskoste. Dit sal ‘n besluit wees wat u en u moeder moet neem .
*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier