BVG_Logo
BEAN 25/09 6289 -32,00
CORN 25/09 2478 12,00
SOYA 25/09 8100 28,00
SUNS 25/09 7630 -88,00
WEAT 25/09 5044 0,00
WMAZ 25/09 3489,2 48,20
YMAZ 25/09 3350 39,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 18/09 4599 0,00
Beeste AB2/3 18/09 4498 -0,02
Beeste B2/3 18/09 4223 -0,02
Beeste C2/3 18/09 3989 -0,03
Ewes (Goats) 18/09 4156 -0,19
Feeder Lamb 18/09 4292 0,02
Kids (under 30kg) 18/09 6792 -0,18
Large (above 40kg) 18/09 4882 -0,21
Medium (30-40kg) 18/09 5559 -0,16
Pluimvee (Bevrore) 18/09 2502 0,00
Pluimvee (Vars) 18/09 2419 0,00
Pluimvee IQF 18/09 2309 0,00
Skaap A2/3 18/09 8853 -0,01
Skaap AB2/3 18/09 7568 -0,01
Skaap B2/3 18/09 7008 0,03
Skaap C2/3 18/09 6662 -0,02
Speenkalf 18/09 3467 -0,03
Spekvarke 18/09 2736 -0,11
Varkwors 18/09 2095 -0,24
Vleisvarke 18/09 2881 -0,10
V: Opblaas op lusern
Sal boerbokke aard op besproeide lusern of raaigrasmengselweiding? Sal die bokke nie opblaas nie?
Deur: .23 Augustus 2020 448 keer gelees
A. Antwoord
Lusern is een van die gewildste peulgewasse in Suid-Afrika om aan te plant vir hooi en weiding. Dit kan met reg die koning van hooigewasse genoem word. Dit bied egter ook ‘n goeie kwaliteit weiding. 

Onder beweiding is bestuur van uiterste belang, aangesien lusern wel opblaas by jou vee kan veroorsaak. Die opblaasprobleem kom gewoonlik op jong en groeiende lusern voor. Die jong lusern se verteerbaarheid is hoog as gevolg min stingels, jong blare met min vesel, en ‘n hoë proteien-inhoud. 

Die proteïen-inname ook hoog en dit word teen ‘n vinnige tempo in die grootpens vrygestel, wat kan lei tot opblaas. Sommige dink dat lusern blousuur-vergiftiging veroorsaak. Lusern het egter nie blousuur nie en die opblaas vind plaas as gevolg van die hoë proteïen-inhoud. 

Hoe moet die opblaas voorkom word? Die volgende bestuurspraktyke moet in gedagte gehou word:  

* Moenie jong, vinnige groeiende lusern bewei nie, benut dit eers in ’n volblomstaduim. 

* Moenie honger diere op lusern plaas nie. 

* Indien diere in die kraal oornag en beweiding slegs in die dag geskied, moet die diere voldoende hooi in die kraal kry om nie honger na die lusern te gaan nie. 

* Dit is veiliger om 24 uur per dag op die lusern te wei. 

* Plaas droë hooi (grashooi van goeie kwaliteit) gereeld in elke kamp. 

* Sommige diere is minder gevoelig vir opblaas, bv. Merino’s. 

* Moenie onaangepaste diere op die lusern plaas nie. 

* Sorg vir genoeg drinkwater. 

Middels soos “Bloat Guard Drench” en “Bloat Guard Feed Top-Dressing” kan gebruik word om opblaas te voorkom. 

Beweiding van lusern  

Om jong lusern te bewei verhoog die kanse vir opblaas, maar kan ook die lusern se lewensduur (meerjarigheid) verkort. Bewei dit dus liewer laat somer. Indien druk-beweiding in die somer en herfs toegepas word, moet voldoende rus in die volgende lente en vroeë somer toegepas word.  

Lusern word meestal deur skape en bokke bewei en nie dikwels deur beeste nie. In al drie vee-tipes se geval bly goeie bestuur egter belangrik. Skape en bokke is selektiewe beweiers en kan as gevolg van lang weiperiodes skade doen. 

Beeste wei nie so selektief nie maar kan ook deur oorbeweiding permanente skade aan die lusern doen deur dit te kort te bewei. Blousuurvergiftiging Soos voorheen genoem word blousuurvergiftiging en opblaas dikwels verwar. Lusern bevat geen blousuur nie en dit word meestal by voersorghums ondervind.

 Blousuurvergiftiging kom ook nie altyd en in alle voersorghums voor nie. Dit gebeur normaalweg net in die geval van verlepte voersorghums, wat veroorsaak word deur droogte of ryp. Verwyder diere uit die sorghumweiding indien verlepte plante voorkom.  

Blousuurvergiftiging in verlepte sorghum kan verminder word of voorkom word deur die gebruik van “hypo” in die drinkwater. ‘n Alternatief wat ook gebruik kan word as eenjarige somerweiding, wat nie blousuur bevat nie, is Baster Babala. Dit is ook ‘n meer droogtebestande gewas. 

Geantwoord deur prof. Chris Dannhauser, ’n onafhanklike veld-en-weidingsbestuurspesialis.
23 Augustus 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier