BVG_Logo
BEAN 17/10 5092 -57,00
CORN 17/10 2315 -2,00
SOYA 17/10 5940 0,00
SUNS 17/10 5570 -121,00
WEAT 17/10 4470 3,00
WMAZ 17/10 2955 -1,00
YMAZ 17/10 2848,2 -18,80
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Paringsgedrag van tarentale
Ek sal graag wil weet wat is die paringsgedrag van 'n tarentaal? Is dit dieselfde soos by hoenders en wanneer gebeur dit?
Deur: .20 April 2018 482 keer gelees
A. Antwoord
Die volgende is ‘n baie kort opsomming van gegewens in ‘Robers Birds of southern Africa’, 2005, geredigeer deur PAR Hockey, WRJ Dean en PG Ryan, en uitgegee deur die Trustees van die John Voelcker Voëlboekfonds, Kaapstad. Kontak my gerus vir meer besonderhede. 

Die groot troppe wat in die winter gesien word, word geleidelik kleiner na die eerste goeie reën. Aanvanklik mag ‘n hen deur tot 5 hane vergesel word, maar as sy ‘n maat gekies het, bly die twee gewoonlik bymekaar. Henne kom dikwels in die namiddag saam op ‘n oop stuk grond om te skrop en vere te stryk terwyl hane terselfdertyd mekaar rondjaag en pronk. Tydens die ‘voorspel’ wat etlike weke kan duur, voer die haan die hen met veral sprinkane (hulle eet sade, soos mielies, koring, verskeie grassoorte en dubbeltjies in die winter), tot so ‘n mate dat die haan tot 85% van sy liggaamsgewig verloor, terwyl die hen aansienlik gewig optel. As die hen reg is, vind paring plaas soos die geval met gewone hoenders is. 

In Suid-Afrika lê die henne tussen Oktober en Maart. ‘n Gemiddeld van 6 – 18 eiers word gelê en die variasie is groot; 2 – 41 eiers is al in een nes getel, maar laasgenoemde is waarskynlik as gevolg van ‘n paar henne wat in dieselfde nes eiers gelê het. Broeityd is 24 – 27 dae (ongeveer dieselfde as vir hoenders) en die kuikens is kripties gekleurd om vyande te uitoorlê. 

Geskryf op 30 Augustus 2014 deur prof. Joop Boomker E-pos: Joop.Boomker@up.ac.za
01 Junie 2018
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier