BVG_Logo
BEAN 14/04 7464 -4,00
CORN 14/04 3292 0,00
SOYA 14/04 7070 -8,00
SUNS 14/04 8200 -27,00
WEAT 14/04 4826 64,00
WMAZ 14/04 3140 22,00
YMAZ 14/04 3300,4 18,40
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 09/04 16103 0,00
Beeste A2/3 09/04 5174 0,00
Beeste AB2/3 09/04 5029 -0,02
Beeste B2/3 09/04 4711 -0,02
Beeste C2/3 09/04 4389 0,00
Ewes (Goats) 09/04 3532 0,34
Feeder Lamb 09/04 3995 -0,08
Kids (under 30kg) 09/04 4636 0,13
Large (above 40kg) 09/04 3194 0,50
Medium (30-40kg) 09/04 4258 0,02
Pluimvee (Bevrore) 09/04 2751 -0,04
Pluimvee (Vars) 09/04 2686 -0,04
Pluimvee IQF 09/04 2607 -0,04
Skaap A2/3 09/04 8342 -0,02
Skaap AB2/3 09/04 7268 0,00
Skaap B2/3 09/04 6654 -0,03
Skaap C2/3 09/04 6497 0,03
Speenkalf 09/04 3686 0,00
Spekvarke 09/04 2913 0,00
Varkwors 09/04 2356 -0,13
Vleisvarke 09/04 3104 0,00
V: Plaas verhuur: Het werker permanente verblyfreg?
Ek verhuur my veeplaas en die huurder laat een van sy werkers tydens die huurkontrak permanent op my plaas bly om na sy (die huurder se) vee om te sien. Kan die werker op permanente verblyfreg op my plaas aanspraak omdat hy ‘n tyd lank daar gewoon het of is ek daarvan gevrywaar omdat hy nie in my diens is nie?
Deur: .23 Januarie 2018 1171 keer gelees
A. Antwoord
Indien die werker vir langer as 10 jaar op die grond woon, of ouer as 60 jaar is, behoort hy aanspraak op permanente verblyfreg ingevolge die Verblyfregwet te kan maak. Indien dit die geval is, moet u die aangeleentheid met die Huurder opklaar – moontlik ook kyk wat julle huurkontrak in die verband bepaal en veral wat die huurder se pligte in die verband behels. Dit kan wees dat die huurder ingevolge die bepalings van die huurkontrak oortree het en nou verplig is om die situasie reg te stel deur byvoorbeeld alternatiewe verblyfreg aan die werker te verskaf. 

Indien die huurkontrak geen bepaling daaromtrent bevat nie sou u beslis oor ‘n eis om skadevergoeding teen die huurder beskik, deurdat u byvoorbeeld self alternatiewe huisvesting kan verskaf en die koste van die huurder kan eis. Huurkontrakte behoort deur kundige regsgeleerdes opgestel te word om al hierdie fasette te dek om toekomstige probleme te voorkom. 

Geskryf op 31 Oktober 2014 deur mnr. Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
14 Junie 2018
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier