BVG_Logo
BEAN 20/09 6958 0,00
CORN 20/09 3050 -31,00
SOYA 20/09 7635 35,00
SUNS 20/09 9790 90,00
WEAT 20/09 6575 335,00
WMAZ 20/09 3191 -11,00
YMAZ 20/09 3347 -18,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 17/09 16716 -0,01
Beeste A2/3 17/09 5160 0,00
Beeste AB2/3 17/09 5097 0,02
Beeste B2/3 17/09 4890 0,00
Beeste C2/3 17/09 4450 0,00
Ewes (Goats) 17/09 4604 0,07
Feeder Lamb 17/09 4306 0,05
Kids (under 30kg) 17/09 6645 0,03
Large (above 40kg) 17/09 3863 0,05
Medium (30-40kg) 17/09 5265 0,09
Pluimvee (Bevrore) 17/09 2878 -0,03
Pluimvee (Vars) 17/09 2865 -0,03
Pluimvee IQF 17/09 2666 0,00
Skaap A2/3 17/09 8871 0,03
Skaap AB2/3 17/09 7827 0,01
Skaap B2/3 17/09 7334 0,03
Skaap C2/3 17/09 6903 0,06
Speenkalf 17/09 3811 0,00
Spekvarke 17/09 2554 0,00
Varkwors 17/09 2149 -0,05
Vleisvarke 17/09 2759 -0,11
V: Pom-pom-plante neem die wêreld oor
Dit is opmerklik dat die pienk blomme van die pom-pom-plant die Rietvleinutuurreservaat en omliggende veld oorneem. Vertel my meer van hierdie indringerplant.
Deur: .20 Oktober 2020 1714 keer gelees
A. Antwoord
Die Pom-pom-bossie se wetenskaplike naam is Campuloclinium macrocephalum. Kyk hier na foto's.

Blykbaar is hierdie uitheemse indringerplant,oorspronklik van Suid-Amerika, die eerste keer in die 1970s in die Suid-Afrika opgemerk in die omgewing van die Voortrekkermonument in Pretoria. 

Klaarblyklik was storting van tuinafval wat sade van hierdie plant bevat het, die begin was, van 'n enorme probleem wat tans wyd in die subtropiese dele van die land waar reënval relatief hoog is, soos 'n veldbrand versprei. Hierdie kruidagtige plant wat skaars 50 cm hoog groei, neem veral grasveld oor waar dit so sterk kompeterend met grassoorte en ander kruidagtiges is, dat dit kort voor lank 'n area kan domineer. 

Die pienk plate blomme van digte stande pom-pom by Rietvleidam natuurreservaat is elke jaar welliswaar 'n aanskoulike gesig vir Pretorianers. In werklikheid is dit die tragiese gevolg van 'n uitheemse indringerplant wat gedy ten koste van nuttige plantsoorte. 

 Pom-pom word nie in noemenswaardige mate deur diere bewei nie en dit, tesame met 'n groot ondergrondse stingelmassa en duisende sade per plant wat tientalle kilometers deur wind gedra kan word, bevorder oorlewing, verspreiding en aanwas daarvan onder toestande wat ander, gewensde plante se getalle en groei inperk, soos byvoorbeeld beweiding en veldbrande. 

 Pom-pom bossie bied ook sterk weerstand teen onkruiddoders maar daar is wel verskeie middels vir beheer geregistreer, naamlik: pikloram, fluroksipir en metsulfuron-metiel (hierdie onkruiddoders is die aktiewe bestanddele in 'n verskeidenheid van onkruiddoderprodukte wat deur verskeie maatskappye bemark word). 

Raadpleeg kundiges by plaagdoder maatskappye vir advies oor onkruiddoderprodukte en hul aanwending.  

Geskryf deur: 
Prof Charlie Reinhardt. 
Landbouwetenskappe: Noordwes Univ, Potch Kampus dr.charlie.reinhardt@gmail.com
22 Oktober 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier